Gebruik dié poskodes in Namibië
Elvira Hattingh – As jy voorts aanlyn inkopies doen of iets plaaslik wil pos, moet jy Namibië se amptelike internasionale poskodes gebruik om seker te maak ‘n pakkie of pos bereik sy bestemming.
Namibië spog vir die eerste keer sedert onafhanklikwording met sy eie, internasionaal geregistreerde poskodes, wat verlede jaar deur NamPost aan die publiek bekend gestel is. Die doel is om die sortering van pos, asook aanlyn aankope te vergemaklik, het NamPost aan Republikein verduidelik.
Posbushouers het onlangs ‘n pamflet met poskodes in hul posbusse ontvang, maar die poskodes is ook op NamPost se webwerf beskikbaar, het die posdiens se woordvoerder, mnr. Wilson Shikoto, verduidelik.
“Besoek www.nampost.com.na, kliek op Post Office Finder en tik die naam van die betrokke poskantoor in,” het hy gesê.
Dit beteken vyfsyferkodes word tans gebruik om aan te dui na watter gebied in die land en na watter poskantoor jou pos moet gaan, asook van watter tipe posdiens gebruik gemaak moet word.
Hiervolgens het elk van die land se 14 streke 'n unieke vyfsyferposkode ontvang.
Die eerste twee syfers van die kode dui die streek aan, soos byvoorbeeld die Khomas-, Omaheke- of Otjozondjupastreek, terwyl die laaste twee syfers moet aandui na watter dorp die pos gestuur moet word.
NamPost het verlede jaar kodes aan die publiek bekend gestel wat per dorp toegeken is, maar hierdie kodes is herroep en verander sodat dit volgens politieke streke toegeken kon word.
Daarná het NamPost die gewysigde kodes in September verlede jaar weer aan die publiek bekend gestel.
Dit is die eerste keer ná onafhanklikwording wat Namibië sy eie poskodes het. Voorheen het ons van Suid-Afrika se poskodes gebruik gemaak – iets wat sedertdien afgeskaf is.
Tóé is die kodes tussen 9 000 en 9 299 vir alle pos na Namibië gebruik.
Die nuwe poskodes is ingestel ná die Universele Pos-unie (UPU) besluit het alle lidlande moet internasionale poskodes hê.
Die UPU is in 1874 gestig en is met sy 192 lidlande die hoofforum vir samewerking tussen rolspelers in die possektor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie