Gebreke in demokrasie
Die jongste Transformasie-indeks van die Bertelsmann-stigting bestempel Namibië as ‘n “gebrekkige (‘defective’) demokrasie”.
Soos al gebeur het, sal die regering dalk vuur spoeg oor van die bevindings. Dit is indien die regering dit nie eenvoudig ignoreer nie.
Met dele van die evaluering sal groot dele van die publiek saamstem. Die indeks bemerk groeiende ontevredenheid onder burgers (iets wat glad nie tot Namibië beperk is nie) omdat verandering nie vinnig genoeg gebeur nie.
Nie almal – en beslis nie die regering – sal egter noodwendig saamstem dat demokrasie, ekonomiese en algemene goeie bestuur alles agteruit beweeg het nie.
Dat Suid-Afrika op alle gebiede beter punte as Namibië ontvang het, sal sommige dalk ook onthuts.
Internasionale indekse dra nie net inligting aan die wêreld uit oor die stand van sake in lande nie, maar is ‘n spieël wat ‘n land aan homself moet ophou as ‘n middel vir selfevaluering. Ondanks aanvegbaarhede, moet ‘n te dik bril van patriotisme nie veroorsaak dat ‘n mens die baba saam met die badwater uitgooi nie.
Die regering het inderdaad met die Harambee-welvaartplan groot beloftes gemaak. Ekonomiese dwarswinde was ongelukkig nie al rede hoekom doelwitte stadiger bereik word as wat in die vooruitsig gestel is nie.
Gebreke in die demokrasie kan egter nie net voor die regering of regerende party se deur gelê word nie, hoewel hulle ‘n spesiale rol speel. Die politieke opposisie, burgerlike organisasies, die burgerlike gemeenskap en kiesers moet ook die hand in eie boesem steek.
So sê ander
26 Maart 2018
Volksblad sê
Dit wil al hoe meer voorkom asof die hele kwessie van grondeienaarskap en onteiening sonder vergoeding ’n perd geword het wat besig is om met sy ruiter weg te hardloop.
In die proses is die tafel gedek, in samewerking met die EFF wat dié wilde perd met populiste swepe aandryf, vir wat eers in Gauteng gebeur het, en nou oorgespoel het na die Goudveld: Die blindelingse en onwettige besetting van grond.
Die gebrekkige ANC-leierskap in die Goudveld, soos in vele ander munisipale gebiede, bring mee dat die land op ’n tydbom sit omdat politici se roekelose uitsprake oor grondbesetting en onteiening net eenvoudig nie op grondvlak bestuur kan word nie.
Ramaphosa sal moet optree en die roekeloses in sy party en die EFF wat emosies oor grond opjaag, in die bek moet ruk. Sterk optrede teen onwettige grondbesetters is ook noodsaaklik.
As die wilde wegholperd die land groot skade, ook op die internasionale verhoog, berokken, sal dit op die ANC se brood te smeer wees.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie