Gebrek aan kworum halt Covid-plan
Gebrek aan kworum halt Covid-plan

Gebrek aan kworum halt Covid-plan

'n Beslissende stadsraadsvergadering in Windhoek is Woensdag afgelas weens 'n gebrek aan 'n kworum, wat 'n noodsaaklike Covid-19-ingrypingsplan kniehalter.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – 'n Maandelikse stadsraadsvergadering waar leiers na verwagting die gebruik van Ramatex as 'n Covid-19-fasiliteit sou bespreek en goedkeur, is afgestel ná hewige politieke gevegte en die onttrekking van raadslede.

Die raadsvergadering, wat Woensdag sou plaasvind, is afgelas weens die gebrek aan 'n kworum in die bestuurskomitee nadat die Independent Patriots for Change (IPC) sy vier raadslede onttrek het.

Die munisipaliteit beplan om die hoofstoor van Rhino Garments (Ramatex) in 'n noodsentrum te omskep.

Die planne om 'n leningsoor­eenkoms met die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) te onderteken vir finansiering om 'n kragsubstasie te bou, sou ook bespreek word.

Die IPC het verlede week sy raadslede geskors ná eiendomme in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in Windhoek gesloop is. Die party se leier, dr. Panduleni Itula, het gesê sy raadslede “moes nie verantwoordelikheid aanvaar het deur verskoning te vra vir 'n daad waarvan hulle nie die impak te midde van Covid-19 kon beoordeel nie”.

Die IPC is in die meerderheid in die bestuurskomitee wat uit vyf lede bestaan. Minstens drie lede moet teenwoordig wees vir die komitee om 'n kworum te hê en daarna 'n raadsvergadering te belê.

Die skorsing van die IPC-raadslede het eers Vrydag tot 'n einde geloop. Me. Christine Aochamus, die nasionale hoofsekretaris van die IPC, het gesê hoewel raadslede van haar party verbied is, word hulle ná Vrydag in die stad se kamers verwag.

Toe Aochamus gevra is om kommentaar te lewer oor die omstrede koalisie-ooreenkoms wat nog nie onderteken is nie, het sy gesê die koalisievennote sal 'n formele aankondiging maak sodra 'n ooreenkoms onderteken is.

“Sodra hulle 'n ooreenkoms bereik het, sal ons 'n aankondiging maak oor die pad vorentoe,” het sy gesê.



MISVERSTAND

Intussen, ondanks beskuldigings dat hy 'n sekondêre posisie in verband met raadsake ingeneem het nadat hy sy langstaande oorhand in die land se grootste munisipaliteit verloor het, het Swapo gesê dié party dien steeds die inwoners van Windhoek; ongeag sy onbetrokkenheid by die openbare meningsverskille tussen koalisievennote.

Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Shaningwa, het Vrydag gesê hoewel raadslede nie deel van die koalisie is nie, word hulle deelname aan raadsake op geen manier beperk nie. “Hulle weet wat gedoen moet word. Waarom moet hulle 'n opdrag ontvang?” het sy gevra.

Mnr. Austin Kwenani, 'n Swapo-raadslid, het gesê die opvatting dat sy partylede onbetrokke is in die bedrywighede van die raad, is verkeerd.

“Ons is een raad, ons is aktief betrokke. Ons werk as 'n span wat die wet gehoorsaam. Ek weet nie waar die wanopvatting vandaan kom dat ons nie 'n bydrae lewer nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg Swapo is bereid om die koalisie te steun.

“Hulle (IPC, Affirmative Repositioning, Unity Democratic Organisation, Popular Democratic Movement) het posisies ingeneem. Ons is bereid om hulle 100% te ondersteun. Ons fokus is op dienslewering. Ons hoop hulle kan hul ooreenkomste deurvoer.”

Volgens Kwenani was daar gevalle waar Swapo-raadslede by die koalisie se bedrywighede betrokke was.

Hy het egter erken die raad se werksaamhede is afhanklik van dié van die bestuurskomitee.

“Struktureel is die bestuurskomitee veronderstel om die werk te doen. Ons kan niks doen nie; dit gaan deur die bestuurskomitee,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A