Gebreekte tibia hou sportvrou lank uit
Bergfietsry
Tielman van Lill
Courtney Liebenberg, een van Team Kia Elite se vrouespanlede, het onlangs ’n besering tydens ’n bergfietswedren opgedoen wat haar vir etlike maande op die krukkelys sal hou.
Liebenberg was in die elite-afdeling by 2020 Nedbank Rock & Rut XC 2-kompetisie by die IJG-baan by Kleine Kuppe, Windhoek, teen Michelle Vorster, Steffanie Grossmann en Michelle Döman in aksie.
Tydens die laaste baanrondte was sy in die tweede posisie agter Vorster, toe sy haar in die laaste rondte met die spoed van haar Scott Spark RC900 Pro-bergfiets en die baan misgis het. Sy het geval en haar tibia (skeenbeen) net onder die knie gebreek.
Sy was verplig om drie dae in die hospitaal deur te bring waar die ongewone breuk chirurgies herstel moes word.
Liebenberg, wat vir ’n maand tuis moet aansterk, kom met krukke oor die weg en sê sy het verlede Woensdag haar beenstut ontvang. Sy sal eers ná drie maande met fisioterapie en ligte oefening kan begin.
Sy vertel: “In die laaste rondte het ek besonder goed gevoel en van die vierde posisie tot tweede opgeskuif. Daar waar ek geval het, was geen werklike moeilike tegniese dele nie; ek het net te haastig teen ’n bult met ’n kronkel af gejaag en hopeloos te vinnig ’n klipperige draai benader.
“Toe ek besef ek is te vinnig op die draai af, het ek remme aangeslaan. Die fiets het begin gly en ek het ’n boom en rots getref. Natuurlik was my fietsryskoene nog in die pedale ingehaak, wat veroorsaak het dat ek saam met die fiets gegly het. Behalwe vir ’n paar skrape aan my arm en valhelm het ek geen sigbare beserings gehad nie.
“Toe ek die rots en boom tref, het ek gevoel hoe die been breek, maar ek het gehoop dit is net ontwrig. Toe ek sien my linkerbeen is nie meer in sy normale posisie nie, het ek geweet daar is groot fout. Ek kon nie opstaan nie, maar het uit die pad beweeg en gewag dat ander ryers moet verbykom om hulp te ontbied.
“Weens die rowwe terrein kon hulle my nie met ’n ambulans gaan haal het nie. Mannie Heymans en Leander Borg was eerste op die toneel en het my teen die heuwel afgedra waar die mediese nooddienste my gekry het.
“Ek was maar net ongelukkig dat dit met my gebeur het. Dit is eintlik ’n simpel, onnodige fout wat ek gemaak het. Ek gaan fietsry verskriklik mis, maar met die resiesprogram wat weens Covid-19 verkort is, is dit dalk beter dat dit nou gebeur het en nie in ’n latere stadium nie.
“Elke sport het sy beserings en dit kon selfs met my by die huis of in die straat gebeur het en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Ek glo dit het met ’n rede gebeur. Ek is ’n maand afgeboek en as ek gelukkig is, sal ek eers ná drie maande met rehabilitasie van die knie kan begin.
“Geen veiligheidstoerusting of kniebeskermers sou die breuk kon verhoed het nie. Daarvoor was die impak teen die boom en rots eenvoudig te hard. Ek gaan fietsry verskriklik mis en moes laas Sondag se nasionale bergfietskampioenskap misloop. Ek sal weer terug wees om my merk te maak.
“Ek is dankbaar vir Mannie Heymans en Leander Borg se vinnige optrede en die hulp wat hulle aangebied het nadat hulle my in die veld moes gaan soek. Ek waardeer dit opreg,” het sy aan Republikein gesê.
By dieselfde byeenkoms het Elanor Grassow (veteraanvroue) ook ’n val beleef en haar elmboog beseer. Heino Windisch (veteraanmans) het sy knie in ’n val beseer. In ’n oefenrit voor die byeenkoms het Frank Snyman (meesters) ook ’n ongeluk gehad sy sleutelbeen, asook ’n beentjie in sy pols gebreek.
Van hierdie insidente het daartoe gelei dat die veiligheid op dele van die roete vir Sondag se nasionale kampioenskap ook opgeknap is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie