Gebore Windhoeker (23) word 'n Wallaby

Richard Hardwick se pa Anthony het vir jare sy sporttalent in Namibië uitgeleef.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Australiese rugby-afrigter Michael Cheika het 'n gebore Windhoeker in sy Wallaby-groep vir vandeesmaand se toetse teen Fidji, Italië en Skotland gekies.

Die 23-jarige flank van die Western Force, Richard Hardwick, is op 31 Mei 1994 in Windhoek gebore.

Sy pa Anthony Hardwick het voor én ná onafhanklikwording in Windhoek gewoon en het in beide eras groot bekendheid op sportgebied verwerf.

Anthony was nie net vir jare die topgekeurde muurbalspeler in die land nie, maar het ook as paaltjiewagter en kolwer die krieketspanne van Ramblers en Suidwes-Afrika verteenwoordig. Teen 1990 het hy reeds sy krieketkolf weggepak, maar het Namibië as muurbalspeler verteenwoordig.

Anthony Hardwick en sy vrou Sue het beide in Zimbabwe grootgeword en daarna in Suid-Afrika gaan studeer, voordat hulle in Windhoek kamp opgeslaan het. Hul oudste dogter Lorna is deur drie seuns gevolg (Grant, Michael en Richard).

Die jongste seun Richard het in Perth grootgeword en skoolgegaan en het Australië-A se skolerugbyspan verteenwoordig. Hy het ook vir die Universiteit van Wes-Australië gespeel voordat hy in 2014 in die nasionale kampioenskap die klubspan Perth Spirit begin haal het.

Ná twee jaar in die “Future Force” groep om vir Superrugby voorberei te word, is Richard vroeg verlede jaar in die Force se groep ingesluit. Hy het in Maart 2016 sy debuut in 'n wegwedstryd teen die Highlanders gemaak en het die seisoen met twee verskynings in die beginspan en twee vanaf die reserwebank afgesluit.

Toe 2017 aanbreek, het Richard gereken hy sal alles moet gee om die Western Force se wed­strydgroep te haal.

Sy spelpeil vanjaar was egter sodanig, dat die toetsafrigter Cheika hom só gereeld geprys het dat dit nie juis 'n groot verrassing was dat hy nou 'n Wallaby-groeplid is nie.

Die afrigter se spankeuse is duidelik met die toekoms in die agterkop gedoen.

David Pocock (die Wallabies se veteraanflank van 66 toetse, wat in Zimbabwe gebore is) is vir nog 12 maande op sabbatsreis en die Rebels se flank Sean McMahon is vir die res van die seisoen uit met 'n ontwrigte pols. Een van die “moeilike besluite” was om Scott Fardy (39 toetse) van die Brumbies weg te laat wat ook in die 2015 Wêreldbekerfinaal gespeel het.

“Daar is 'n paar spelers van die nuwe geslag met die oog op die lang termyn, maar ons het spelpeil ook in ag geneem,” sê Cheika. “Ons gaan nie Wallaby-truie weggee nie.”



'VOEL ONWERKLIK'

In 'n onderhoud met rugby.com.au het Richard Hardwick gesê selfs toe hy in April na 'n nasionale oefenkamp genooi was, het hy net gereken dit wys dat hy die regte dinge doen – sonder dat hy in sy wildste drome gereken het dat hy dalk reeds in Junie die goud en groen trui oor sy kop kan trek.

Hy moet homself steeds knyp om te glo dat hy saam met gerekende losvoorspelers soos Michael Hooper en Scott Higginbotham op die oefenveld sal aantree.

“Hulle is die soort ouens na wie jy opkyk en vir wie jy so baie sien speel het. Jy dink nie jy sal ooit saam met hulle speel nie – al is dit jou droom, dis onwerklik.”

Dit was Richard se werktempo wat hom op Cheika se radar geplaas het, maar om doeltreffend te wees, is vir hom die volgende stap.

“Oor die laaste twee jaar het ek geleer om slimmer te werk en nie net harder nie. Eerder as om soos soos 'n afkop hoender die veld vol te hardloop, werk hard wanneer jy móét werk, dan plaas jy jouself in die regte posisie wanneer die bal terugkom.

“Ek het 'n paar uitstekende afrigters en spanmaats gehad wat my ook tot op hierdie punt gehelp het.”

Weg van die speelveld is Hardwick een van die bevoorregte spelers wat reeds vir seker weet dat hy 'n Superrugby-kontrak in 2018 sal hê, hoewel hy styf duim vashou dat hy in Perth sal bly. Die Western Force is een van die spanne wat moontlik in die slag kan bly wanneer volgende jaar se aantal spanne verklein word.

“Ek het nog nie eens daaraan begin dink hoe dit sal wees om op 'n ander plek te speel nie. Dis vir my 'n groot ding, want my familie is hier, dis die plek waar ek al my rugby gespeel het en waar ek sukses beleef het.

“Ek wil nie hier weggaan nie. Ek het tevore aanbiedinge gekry, maar Perth is my tuiste. Ek sal maar wag vir die besluit (oor Superrugby se formaat) om gemaak te word en sal my besluit daarvolgens maak.”

Richard was vol lof vir die struktuur in Wes-Australië om belowende jong spelers op die pad te plaas om Wallabies te word.

“Ek het al met junior spelers gepraat wat wou weet of hulle hier moet bly. Dan antwoord ek ja, jy behoort te bly, want daar is nou 'n geleentheid in Perth. Die afrigters het bewys dat hulle spelers gaan gebruik wat hier opgebou is, indien jy goed genoeg is.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%