Gebhardt, Vries maak hul merk in RSA
Afgesien van Peter Shalulile en Deon Hotto se prestasies druk nog twee Brave Warriors hul stempel in die buurland af.
Virgil Vries, doelwagter van Moroka Swallows in Suid-Afrika, sal sy klub vir die eerste keer aanstaande seisoen in die Premiersokkerliga (PSL) in die laaste vesting verteenwoordig.
Danksy Vries se deurslaggewende bydrae maak Swallows ná vier jaar sy terugkeer na die gesogte PSL. Swallows is Sondag as kampioen van die nasionale eerste liga bekroon nadat hy ’n 3-0 sege oor Tshakhuma Tsha Madzivhandila by die Makhulong-stadion behaal het.
Vries, wat in die middel van die 2019-2020-seisoen by Swallows aangesluit het, het dié seisoen in nie minder nie as 13 wedstryde die opponente van doele weerhou. ’n Beter doelverskil van slegs een het tussen Swallows bo Ajax Cape Town geplaas, maar dit was genoeg om die klub van Soweto, Gauteng, suksesvol te maak en bevordering na die PSL te verseker.
’n Ingenome Vries het kort ná Sondag se oorwinning met die Namibiese nuusagentskap Nampa gesels.
“Die grondslag is vir ons gelê. Al wat ons nou moet doen, is om seker te maak ons is kompeterend in die PSL. Dit is ’n ongelooflike gevoel om as die kampioene van die veld te stap. Ek is uiteraard baie tevrede om deel van die span te wees wat Swallows na die PSL gehelp het, waar ons klub hoort.
“Ons het gedurende die afgelope seisoen eenvoudig nie moed opgegee nie. Selfs toe ons elf ligapunte agter Ajax Cape Town was, het ons vasgebyt om die agterstand uit te wis. Baie dankie aan my spanmaats wat ten alle tye bymekaar gestaan het, die ondersteuners, klub se bestuur asook tegniese span wat elk hul bydrae gelewer het,” het Vries gesê.
Die Namibiër is verlede jaar in die middel van die seisoen deur Kaizer Chiefs van sy kontrak onthef. Plaaslik is hy ook deur die Namibiese afrigtingspan vir die 2019 Afrika-Nasiesbekertoernooi in Egipte oor die hoof gesien. Vir Vries was dit egter ’n wekroep wat sy huidige sukses aangespoor het.
“Die optrede deur Chiefs en Namibië was ’n bitter pil om te sluk, maar ek het nooit vir een dag aan myself getwyfel nie. Selfs toe dit gelyk het of die geluksgodin haar rug op my gedraai het, het ek nooit my talent in twyfel getrek nie. Ek het geglo ek kan steeds my beste lewer en het dit vir Swallows gedoen. Ek sal volgende seisoen steeds vir Swallows in die doelkas speel,” het hy gesê.
GEBHARDT
Ananias Gebhardt het laasmaand ’n skorsing vir drie weke uitgedien. Maar Sondag met sy eerste PSL-wedstryd vir Baroka teen Mamelodi Sundowns het hy sy klub se enigste doel vanaf ’n hoekskop behaal, vir ’n sege en drie broodnodige ligapunte.
Baroka, wat tans die 13de posisie uit 16 spanne beklee, veg om oorlewing om nie na die eerste liga gerelegeer te word nie. Die klub sal sy laaste twee PSL-botsings van die seisoen moet wen om die relegasievalbyl vry te spring.
Gebhard is vroeg in Augustus ná ’n onderonsie in die eerste helfte teen Bloemfontein Celtic in die semifinaal van die Nedbank-beker van die veld gestuur. Maar met Sondag se bydrae het hy vergoed om hopelik gou deur Swallows se ondersteuners vergewe te word.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie