Gebed of entstof?
VRA MAAR NET SKRYF:
Die voorbladopskrif "Gebed eerder as entstof" in 'n onlangse uitgawe van die Republikein het my laat dink aan 'n storie wat my Sondagskool-juffrou jare gelede vertel het.
Oom Gert was 'n gelowige man en het op die oewer van 'n groot rivier gewoon. Na deurdringende reën oor baie dae het die rivier so vol geraak dat dit sy walle en oom Gert se huis heeltemal oorstroom het. Oom Gert kon egter daarin slaag om tot bo-op sy huis se dak na veiligheid te vlug waar hy gewag het om gered te word.
Omdat hy 'n gelowige man was, het hy tot God in gebed geroep om hom te red. Enkele oomblikke later het soldate met 'n reddingsboot opgedaag om hom te kom haal. Hy het egter geweier en gesê dat hy vir God, en nie vir hulle nie, gevra het om hom te red.
'n Uur later het 'n helikopter van die lugmag opgedaag, maar weer het oom Gert geweier. Hy het vir God gevra om hom te red...
'n Derde poging deur die rampbestuur van die streek het ook misluk. Oom Gert wou nie bes gee nie. Vanweë sy hardkoppigheid is oom Gert uiteindelik deur die watermassa meegesleur en het hy 'n tragiese waterdood gesterf. Hy het eers weer sy oë in die hiernamaals oopgemaak waar hy dadelik vir Jesus herken het.
Uit teleurstelling oor sy ontydige dood verwyt hy ter stond die Here en sê dat hy dan so onophoudelik en gelowig gebid het dat dié hom moes kom red. Waarom het Jesus hom dan in die steek gelaat, wou hy weet.
Hierop het Jesus geantwoord: "Ek het drie keer by jou opgedaag, maar elke keer het jy my reddende Hand weggeklap..."
Juffrou het hierdie uiters insiggewende storie vir ons vertel n.a.v. Jak.2:15 - 18.
Aan alle gelowiges: Is die entstof nie dalk God se antwoord op ons gebede nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie