Gebed eerder as entstof
Gebed eerder as entstof

Gebed eerder as entstof

Namibiërs het 'net 'n bietjie vertroue' dat die regering se entstowwe veilig vir gebruik is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Byna die helfte van Namibiërs glo gebed is meer doeltreffend teen Covid-19 as 'n entstof.

Sowat 80% is ook bekommerd maatskappye wat dié entstowwe vervaardig, gaan probeer om dit op Namibiërs uit te toets, selfs al is dit nog nie as veilig bewys nie.

Net die helfte van Namibiërs wat aan 'n telefoniese opname deur Afrobarometer deelgeneem het, sê hulle sal waarskynlik probeer om ingeënt te word.

Minder as 40% van respondente vertrou die regering “net 'n bietjie” om te verseker dat enige Covid-19-­entstof wat ontwikkel of aan Namibiërs gebied word, veilig is voordat dit plaaslik gebruik word.

Volgens die opname wat vanaf Desember verlede jaar tot Februarie vanjaar uitgevoer is, het byna alle volwasse Namibiërs erken hulle is bekommerd oor die uitwerking van die pandemie op hul huishoudings, die land en die toekoms van hul kinders.

Die meerderheid se grootste kommer was egter oor die veiligheid van entstowwe en verkies om eerder op gebed as entstowwe staat te maak om te keer dat hulle Covid-19 opdoen.

Sowat nege uit tien volwasse Namibiërs sê hulle is “ietwat” of “baie bekommerd” dat 'n lid van hul huishouding Covid kan opdoen (86%) en dat die pandemie die ekonomie (94%), hul huishouding se ekonomiese ­situasie (92%) en die toekoms van die land se kinders (94%) negatief kan raak.

Volgens die opname vertrou twee derdes (65%) nie die regering oor die entstowwe wat gebruik word nie, terwyl 50% sê selfs al sê die regering die entstowwe is veilig, gaan hulle hul nie laat inent nie.

Meer as drie uit vier Namibiërs (77%) is bekommerd entstofvervaardigers gaan probeer om dit op hulle te toets, selfs as dit nie as veilig bewys nie.

Byna twee derdes glo gebed is meer doeltreffend (46%) of bietjie meer doeltreffend (17%) as 'n entstof om hulle teen Covid te beskerm.

Die opname het 1 200 onderhoude oraloor streke en landelike en stedelike gebiede ingesluit. Onderhoude is in Engels, Afrikaans, ­Oshikwanyama, Otjiherero of Rukwangali tussen 11 Desember 2020 en 10 Februarie 2021 gevoer.

Intussen het Gallup in 'n wêreldwye opname oor inwoners se gewilligheid om teen Covid ingeënt te word, Namibië uitgesonder as een van die lande in Afrika waar die meerderheid gesê het hulle sal nie die entstof neem nie. Die ander meerderhede in Afrika sluit Senegal en Togo in.

Volgens Gallup het 51% van Namibiërs teen immunisering gestem, teenoor Gaboen se 66% en Kameroen se 65%. Togo en Namibië was twee van die land waar 2% of minder van die bevolking teen laat April reeds een dosis van die entstof ontvang het.

Volgens die Gallup-opname het die meerderheid van volwassenes wêreldwyd (68%) gesê hulle sal instem om ingeënt te word sou die entstof gratis wees. Soos die globale aantal het die persentasies in die meeste lande te kort geskiet van die beraamde 70% tot 90% wat volgens sommige kenners nodig gaan wees om kudde-immuniteit in 'n bevolking te bereik.

Sou elkeen wat volgens die opname gesê het hulle was gewillig om ingeënt te word, sal net 38 van die 116 lande wat Gallup deur die laaste helfte van 2020 geëvalueer het, die minimum 70%-drumpel vir kudde-immuniteit bereik.

Net een land, Mianmar, sal die uiteindelike beraming van 90% bereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.21/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 966.00/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.21/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 966.00/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162