Gazpacho-tamatiesop
Om met ’n koue sop te begin beteken jy kan dit lank voor die tyd maak. Sit elke gas se sop voor in 3 klein glasies
Bestanddele:
2 vars knoffelhuisies;
1 kg baie ryp rooi tamaties;
100 g witbrood;
150 ml olyfolie;
30 ml sjerrie-asyn;
12 klein vars aspersies;
vars basiliekruidblare;
sout en varsgemaalde swartpeper;
Metode:
Sny die tamaties in die helfte. Verwyder die korsies van die brood en breek dit in stukkies. Stamp die knoffel in ’n vysel saam met ’n bietjie sout tot ’n pasta. Kap die tamaties en brood tot ’n fyn puree in ’n voedselverwerker. Druk die puree deur ’n sif om van al die pitte en skille ontslae te raak. Sit die puree terug in die voedselverwerker en voeg die knoffelpasta by. Terwyl die masjien aan is, voeg die olyfolie baie stadig by. Wanneer alles goed gemeng is, gooi dit in ’n groot bak en voeg die sjerrie-asyn by. Geur met sout en swartpeper. Gooi bietjie water by as die mengsel te dik is na jou smaak. Sit in die yskas vir minstens 2 uur voordat jy dit voorsit. Sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor in elke bakkie en maal nog swartpeper oor wanneer jy dit voorsit. Sit ’n vars aspersie en basiliekruidblaar in elke glasie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie