Gautengers maak geskiedenis met rillersege
Netbal
Annchen Nel - Die Wes-Kaap het sy een hand op die netbaltrofee gehad ... toe glip dit af.
Die Kapenaars het Saterdag gulde geleenthede gehad om die tweede agtereenvolgende jaar die provinsiale kampioen te word, maar op die ou end was dit Gauteng wat naelskraaps deurgeskuur het.
Die span van die Noorde was in die eindstryd van Afdeling A ná veertien minute se bykomende tyd die kampioen met 'n enkele doel – 47-46.
Die eindstryd in Durban het aanvanklik gesukkel om op dreef te kom en die spel was stadig.
Dit is weerspieël in die lae telling van 10-8 in die Wes-Kaap guns ná die eerste kwart.
Maar sjoe, toe raak die stryd fisiek, meedoënloos, titanies en opwindend. Die bal is van die een kant van die baan na die ander.
Juzelri Garbers, verdediger van Gauteng, het 'n paar balle afgeneem en na haar doele laat stuur. Gauteng het die voorsprong geneem met 18-14.
Die Kaapse verdedigers Stephanie Brandt (verdediger) en Juline Rossouw (hulpdoelverdediger) het ook onderskep, maar oorhaastigheid het balbesit verlore laat gaan.
Met die rustyd was die telling 19-19.
Jo Prins, plaasvervanger-senter, het die skip op die aanval gestuur en die Kaapse langeraat-doel Jaumbuaije (Bytjie) Zauana het onder die doelpaal gezoem.
Die Wes-Kaap het sy resep op die aanval gekry en moes net volhard met kort, vinnige aangeë tot by sy doelsirkel.
Rossouw was puik en Brandt het geval, gebloei en nóg balle afgeneem.
Garbers, Shadine van der Merwe (hulpdoelverdediger) en later Jasmine Ziegelmeier (plaasvervanger-verdediger) het egter ook balle gebuit vir hul doele om af te rond.
Die Wes-Kaap het in die derde kwart 12 doele bygevoeg teenoor die Gautengers se 11 (30-31).
Die Kaapse span is ietwat ontwrig toe Brandt aan die begin van die vierde kwart vir 'n rukkie vir 'n bloedbesering moes afgaan.
Daar was egter op en langs die baan ongeloof toe Zauana ná drie en 'n half minute in die laaste kwart afgehaal is.
Ja, sy het balle verlore laat gaan, maar as sy eers die bal het en haar lang arms lig, is dit een punt.
Hélene Steyn, wat die hele toernooi hulpdoel gespeel het, is na doel geskuif.
Nicole Taljaard, gewoonlik 'n plaasvervanger op aanvallende vleuel, is onder kwaai druk op hulpdoel ingespan.
Gauteng het vasgeklou aan sy voorsprong met drie of vier doele.
Zauana is teruggebring, maar Taljaard is op hulpdoel behou.
In die doodsnikke van gewone speeltyd het Brandt hand bygekry by 'n bal wat vir die Gautengers bedoel was.
Renske Stoltz, Gautengse hulpdoel, het die bal na haar doel, Chanté Louw, ingegooi. Louw het gedoel, maar gemis en die telbord het gelees: 40-40.
Ná die eerste sewe minute se bykomende tyd het die Wes-Kaap met 44-42 voorgeloop.
Met die druk wat opgelaai het, het Gauteng die voorsprong geneem – 47-46.
Met speeltyd verstreke het Garbers 'n bal by Zauana afgeneem.
Kort daarna het die Wes-Kaap in sy doelsirkel 'n strafgooi gekry, Taljaard het gemis, nog 'n kans gekry en weer gemis vir 'n eindtelling van 47-46.
Gauteng het sy tweede trofee van die jaar gewen. Die Noord-Gautengse Jaguars het vroeër die Premierliga gewen.
Dit is die eerste keer dat een provinsie of streek albei trofeë wen.
Van der Merwe is as die speler van die toernooi aangewys en Louw was die voorste doelskieter.
Romé Dreyer van Noordwes was die beste senterbaanspeler en Jessica Khomo van KwaZulu-Natal die beste verdediger.
Brandt en Rossouw is albei ongelukkig om nie een van die toekennings te kry nie.
• Die SA span vir die Fast5-Wêreldtoernooi: Deancke Rohde, Renske Stoltz, Zanne-Marie Pienaar (Gauteng), Maryke Holtzhauzen (Vrystaat),Charmaine Baard, Phumza Maweni (Wes-Kaap), Romé Dreyer, Fikile Mkhuzangwe (Noordwes), Lauren-Lee Christians (Oos-Kaap, kaptein), Jessica Khomo (KwaZulu-Natal). Nie-reisende reserwes: Talja Venter, Tshina Mdau, Shadine van der Merwe.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie