Gaste is op die swartlys geplaas
Klagte:
Ons het die naweek (van 23 September) met groot verwagting by die Oanob-dam gaan kamp. Heerlike natuurskoon en rustigheid, dis wat op hulle webblad belowe word.
Vrydagaand en Saterdagoggend was hemels. Maar o wee! Saterdagnamiddag toe stroom die motors in en ’n onderaardse lawaai begin.
By van die kampplekke was daar tot sewe motors. Dis duidelik dat van die mense nie bespreek het by ’n sekere kampeerplek nie. Hulle kom in as dagbesoekers en ry dan rond om te kyk waar daar ’n oop kampplek is.
Die lawaai het toegeneem na tien die aand. Tweeuur die oggend stap ons ontvangs toe. Geen sekuriteit van enige aard is beskikbaar nie. Blykbaar is daar ook geen noodnommers nie.
Vyfuur die oggend vloek hulle in die vieslikste denkbare taal terwyl hulle kuier. Die voggies loop. ’n Ander kampeerder probeer hulle stilmaak - sonder enige sukses.
Sondagoggend duur die lawaai voort. Ons kon darem toe kontak maak met ontvangs wat toe iemand uitstuur. Teen tienuur begin dit rustig raak. Ag nee wat.
Ek wonder of die toerismeraad bewus is van die stand van sake? En die eienaar? Iewers moet daar tog ’n noodnommer wees na sekuriteit en op ’n manier moet iemand seker orde kan handhaaf.
Wat ’n nagmerrie en teleurstelling. Ek skaam my dood as toeriste daar moet bespreek.
Reaksie:
Helena & Christie Benade-Bruhin of Lake Oanob Resort writes:
We are aware of this "happening" and addressed it with the guests verbally as well as with mail. They were informed in advance about our rules and gave us a written confirmation to it. Our security was also there during the evening and addressed the guests.
We were also not happy how these guests did not respect our rules and have “black listed” these guests. In the future we shall be more strict about our rules before arriving and shall emphasise rules upon arrival.
It is quite a challenge to strike a balance between all the guests. Some would like to have an “outing with friends, having a braai, etc.”, some would only like to have the peace of nature.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie