Gambiu00ebrs stem laaste keer met albasters
Gambiu00ebrs stem laaste keer met albasters

Gambiërs stem laaste keer met albasters

Stemgeregtigdes in Gambië gaan vanjaar die laaste keer met albasters in hul plaaslike verkiesing in April en Mei stem.

Hulle stem vir leiers in die twee belangrikste munisipaliteite: ­Kanifing en die hoofstad, Banjul.

Die hoof van die verkiesing, Alieu Momar Njai, sê Gambië gaan ná die verkiesing na die internasionaal erkende kiesstelsel oorskakel.

Hy het volgens die nuuswebwerf The Fatu Network gesê die stembriefstelsel is goedkoper as albasters.

Gambië het die unieke albaster­stelsel in die 1960's begin gebruik om bedorwe stembriewe te voorkom en sodat ongeletterdes maklik kan stem.

Kiesers kry elkeen 'n glasalbaster by 'n verkiesingsbeampte nadat hul identiteit geverifieer is. Die tel van die stemme is vinnig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer