Gambiërs stem laaste keer met albasters
Stemgeregtigdes in Gambië gaan vanjaar die laaste keer met albasters in hul plaaslike verkiesing in April en Mei stem.
Hulle stem vir leiers in die twee belangrikste munisipaliteite: Kanifing en die hoofstad, Banjul.
Die hoof van die verkiesing, Alieu Momar Njai, sê Gambië gaan ná die verkiesing na die internasionaal erkende kiesstelsel oorskakel wat stembriewe insluit.
Hy het volgens die nuuswebwerf The Fatu Network gesê die stembriefstelsel is beter as albasters wat betref die koste.
Gambië het die unieke albasterstelsel in die 1960’s begin gebruik om te keer dat bedorwe stembriewe uitgebring word en sodat ongeletterdes maklik kan stem.
Hoe werk dit?
Kiesers kry elkeen ’n glasalbaster by ’n verkiesingsbeampte nadat hul identiteit geverifieer is. Die kieser gaan dan na ’n afgesperde gebied met dromme waarop die foto’s van kandidate aangebring is.
Hulle gooi die albaster in die drom met die kandidaat daarop vir wie hulle wil stem. Kiesbeamptes luister dan na ’n fietsklokkie in die drom wat lui. Sand onder in die drom keer dat die albaster weer ’n geluid maak. Dit is om te verseker die persoon stem net een keer.
Die tel van die stemme is baie vinnig. Die albasters word in ’n houtskinkbord gegooi en getel en die uitslae word dadelik by die stemlokaal bekend gemaak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie