Gambiese leier verbied protes ná verkiesing
Pres. Yahya Jammeh het aangekondig dat geen betogings ná ''n twee weke lange verkiesingsveldtog toegelaat sal word nie.
Politieke vergaderings ter ondersteuning van Gambië se opposisieleier, Adama Barrow, het op die vooraand van verkiesings kookpunt in die hoofstad, Banjul, bereik.
''n Dag van opposisie-betogings, enkele dae voor die presidentsverkiesing, het die diepe verdeeldheid oor die 22 jaar lange bewind van pres. Yahya Jammeh beklemtoon.
Jammeh hou vol dat die opposisie nooit die oorhand sal kry nie.
Barrow, ''n sakeman, het uit obskuriteit na vore getree en ná grootskaalse inhegtenisnemings van anti-regeringsgroepe in April vanjaar, die vlagdraer van al Gambië se opposisiepartye met die uitsondering van een geword.
“Die mense het ons ongelooflike steun betoon. Met hierdie steun is ons meer as honderd persent seker dat ons die verkiesing met ''n groot meerderheid sal wen,” het hy aan AFP gesê.
Met geen amptelike meningspeilings nie, is dit moeilik om Barrow se aansprake te staaf, maar diplomatieke bronne sê Jammeh staar sy mees betekenisvolle uitdaging in die gesig sedert hy in 1994 ná ''n staatsgreep aan bewind gekom het.
“As Jammeh raad wil hê, moet hy, indien hy verloor, die wil van die mense en die waarde van die mense van Gambië aanvaar,” het Barrow gesê.
Menseregte-organisasies en mediawaghonde soos Verslaggewers Sonder Grense (RSF) beskuldig Jammeh daarvan dat hy ''n “klimaat van vrees” kweek en enige teenspraak teen sy bewind met mening onderdruk. Dit is een van die redes vir die massa-uittog van jong Gambiërs na Europa.
Tydens ''n politieke vergadering Dinsdag het die skare “Tree uit” geskree terwyl hulle rooi kaarte in die lug geswaai het en Jammeh se verwydering van mag ná 22 jaar aan bewind geëis het.
Jammeh het vier verkiesings met sy Alliansie vir Patriotiese Reoriëntasie en Konstruksie gewen. Tydens sy laaste politieke vergadering vóór die verkiesing het hy ondersteuners in Banjul meegedeel dat die uitslag in vanjaar se verkiesing dieselfde sal wees.
“Hulle sal nie wen nie,” het hy gesê.
Hy sê daar is ook geen rede vir enige iemand om te betoog nie aangesien nie met Gambië se verkiesings gekul kan word nie.
“In hierdie land sal ons nie betogings toelaat nie,” het hy bygevoeg.
Meer as 880 000 kiesers sal na verwagting vandag in die klein Wes-Afrika-nasie gaan stem.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie