Gala-aand werp lig op presteerders
Krieket
Tielman van Lill
Krieket Namibië (KN) bied môreaand sy jaarlikse toekenningsgala by die Wanderers-saal in Pionierspark aan om sy staatmakers vir die afgelope twaalf maande te bekroon.
Digene wat nie genooi is nie, sal die spoggeleentheid vanaf 18:00 op KN se Facebook-blad kan dophou. Die wenners is gekies na aanleiding van statistiek en vertonings gedurende die 2019-2020-krieketseisoen.
Die Richelieu T20-kompetisie was 'n goeie begin vir die sport nadat Covid-19 ongevraag in Maart 'n stokkie voor sportgebeure gesteek het. Die voorste Richelieu T20-kolwer, -bouler en natuurlik wenspan sal ook môreaand beloon word.
'n Spesiale liga is vanjaar vir die ouer manne (bo 40) gestig as 'n teelaarde vir gewese spelers wat later die geleentheid gebied kan word om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig.
Namibië se veterane uitnodigingspan het in Kaapstad hul debuut by die 2020 Wêreldbeker-eendagreeks in dié ouderdomsklas gemaak en goed gevaar, totdat die coronavirus die toernooi voortydig beëindig het. Die voorste presteerders in Kaapstad sal ook breëbors vir hul vertonings 'n toekenning ontvang.
Met KN se ontwikkeling op junior vlak het 'n nuwe kategorie na vore getree. Die beste skole-afrigter is vir 2019 gekies, wat beslis 'n pluimpie vir die land se krieketbestuur is.
Die pryskategorieë:
Spirit of Cricket-toekenning, spelers se nasionale mansspeler, beste vordering vir nasionale manspelers, nasionale manspeler van die jaar, spelers se nasionale vrouespeler, beste vordering vir nasionale vrouespelers, nasionale vrouespeler van die jaar, asook nasionale afrigter van die jaar.
2020 Wêreldbeker-eendagtoernooi vir veterane in Kaapstad: beste kolwer en beste bouler.
Richelieu Franchise T20-wenspan, topkolwer en -bouler.
Beste administrateur.
Erkenning vir diens aan KN gelewer.
KN-lewenslange toekenning vir erelid.
Beste veldopsigter.
Eendagkrieket premierligawenners (50 boulbeurte).
Wenners van die eerste liga (40 boulbeurte) sentraal- en kusstreek.
Wenners van die tweede liga (30 boulbeurte)
Wenners van die T20-premierliga, T20-sentraal eerste liga, T20-kus eerste liga en T20-tweede liga.
Beste bouler en kolwer in die eendagpremierliga (50 bb) en T20-premierliga.
Beste eerste liga bouler en kolwer (40 bb) sentraal- en kusstreek.
Beste T20-eerste liga bouler en kolwer vir sentraal- en kusstreek.
Beste tweede liga-bouler en kolwer (30 bb) en T20-kompetisie.
Beste o.13-, o.15- en o.19-speler.
Senior en junior tellinghouer (klub).
Beste klubskeidsregter.
Bes gevorderde skeidsregter.
Beste skole-, ouderdomsgroep- en klubafrigter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie