Gaan Trump Navo sink of net sy lyf rondgooi?
Europese leiers weet nie met watter pres. Donald Trump van die VSA hulle op die Navo-beraad in Brussel te kampe gaan hê nie – die een wat by tye sy humeur verloor, maar die Transatlantiese organisasie staande sal laat bly, of die een wat die grootste krisis in Navo se 69-jarige bestaan kan veroorsaak.
Hulle is senuweeagtig en berei hulself voor op die ergste, berig The Guardian.
Die leiers verwag dat Trump hulle die Leviete gaan voorlees omdat lande nie hul verdedigingsbegroting verhoog nie, maar die vrees is dat hy dit 'n stap verder sal neem. Soos om die VSA aan een of meer van die Navo-oefeninge te onttrek, of deur die ontplooiing van meer troepe en toerusting na Europa te vertraag.
Trump kan ook, sonder om enige van die Navo-bondgenote te raadpleeg, 'n ooreenkoms met pres. Wladimir Poetin sluit, wat volgende week in Helsinki ontmoet.
Trump het verlede maand briewe aan talle leiers van die Navo-lande gestuur waarin hy waarsku dat die VSA se voortgesette bydrae tot militêre hulpbronne, terwyl bondgenote onderbestee, “nie langer volhoubaar is nie”.
Hy het die Pentagon opdrag gegee om die impak van die onttrekking van troepe uit Duitsland te ondersoek, 'n gunstelingteiken van sy woede, berig The Washington Post.
Trump het Dinsdag gesê hy beplan om die bondgenote onder druk te plaas.
“Die VSA bestee dikwels meer as enige ander land om hulle te beskerm,” het hy getwiet. “Dit is nie regverdig teenoor die Amerikaanse belastingbetaler nie.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie