Gaan spreek die skoolhoof!
OUDONDERWYSER SKRYF:
Die onderwyser wat sê kinders moet op bladsye dit en dat kyk, veral wat wiskunde betref, en nie verduidelik wat gedoen moet word nie, moet uit onderwys weggejaag word.
Kinders moet van jongs af die nodige vaardighede in wiskunde en wetenskapvakke geleer word. Vandag, as die kinders verder wil leer, is daardie twee vakke van uiterste belang.
Daardie onderwyser wat sulke dinge kwytraak in 'n klas weet natuurlik absoluut niks van wiskunde nie, daarom kan hy/sy nie verduidelik nie. Wat gaan maak hy buite die klas?
Vat die saak verder, ouers. Jou kind word erg benadeel deur so 'n lui mens, want dit is wat hy/sy is.
Gaan spreek die hoof, inspekteur en direkteur oor dié optrede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie