Gaan rentekoers in SA styg? Nie sommer nie
Die markte verreken geen kans vir 'n rentekoersverhoging volgende week nie en 'n 9%-kans vir 'n verlaging van 25 basispunte.
Rentekoersverhogings sal ná die onlangse afgraderings van Suid-Afrika se staatskuld tot rommel weinig help om beleggings na Suid-Afrika te lok, reken Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Kganyago, wat op 25 Mei sy eerste rentekoersbesluit sal aankondig sedert S&P Global Ratings en Fitch se afgraderings in April, het aan die aanlyn publikasie The Conversation gesê die Reserwebank gaan by sy inflasieteiken van tussen 3% en 6% hou.
“Om die repokoers op sigself te verhoog, gaan weinig doen om nuwe beleggings te lok.
“Maar sou ons nalaat om die gevolge van inflasie-depresiasie van die geldeenheid te takel wat invoerpryse en moontlik alle pryse sal laat styg, sal die koste van skuld op kort en lang termyn styg,” sê hy.
Prysgroei het in Maart tot 6,1% verlangsaam en volgens 'n Reuters-opname word verwag die inflasiekoers sal in April tot 5,6% daal. Dit word op 24 Mei bekend gemaak.
Die Reserwebank het tot Maart die rentekoers vir agt agtereenvolgende sittings onveranderd gehou en toe aangedui dat die siklus vir rentekoersverhogings – met 200 basispunte sedert 2014 – waarskynlik tot 'n einde gekom het.
Ná die kabinetskommeling waarin Pravin Gordhan in die pad gesteek is en die gevolglike afgraderings van Suid-Afrika se staatskuld in buitelandse geldeenhede, was daar druk op die rand en die inflasiekoers weens verkope van plaaslike bates deur buitelandse beleggers.
Vergadering
Dit sal waarskynlik enige kans van 'n rentekoersverlaging in die afsienbare toekoms kelder.
Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee vergader volgende week en sal op Donderdag 25 Mei sy besluit bekend maak.
Die markte verreken geen kans vir 'n rentekoersverhoging nie en 'n 9%-kans vir 'n verlaging van 25 basispunte.
Vir vergaderings in Julie en September word onderskeidelik 'n 21%- en 50%-kans vir 'n verhoging van 25 basispunte verreken. Michelle Wohlberg, vasteinkomstespesialis by Rand Merchant Bank, sê 'n repokoersaanpassing in enige rigting sal “die sneller te vinnig trek” met die Reserwebank wat 'n verlaging eers sal oorweeg as Suid-Afrika se kredietgraderingspad duideliker is.
“Hulle wag dat dinge bedaar en vir Moody's om met sy gradering vorendag te kom. Sodra inflasie binne die teikenband (3% tot 6%) is, sal hulle daaraan dink om die rentekoers te verlaag.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie