Gaan ons kinders regtig oukei wees?
Yolanda Nel
Ek lees op Facebook ’n onderwyseres skryf een van haar leerlinge se ouers is nie bekommerd dat die skole in Australië weer toegemaak het nie.
Hier weet ek het ouers begin huil, ’n bottel wyn oopgemaak en reeds begin om hul hare uit hul koppe te trek toe daar aangekondig is die opening van skole is uitgestel.
Dié ouer sê die kinders sal almal oukei wees, want sy het as kind vier jaar skool gemis. Vandag spog sy met ’n graad en ’n goed betaalde werk. Die vrou kom van Bosnië en tydens die oorlog was daar beslis nie tyd vir skool nie. Haar familie kon Australië toe vlug, waar sy weer met skool begin het. Sy was toe 13.
“Hierdie pandemie is geen oorlogsone nie. Die kinders is sterker as wat ons dink en alle kinders oraloor die wêreld ondervind tans dieselfde uitdagings,” het sy gesê.
Ek is bly sy het ’n oorlog oorleef. Ek is bly sy en haar familie kon vlug en vir hulle ‘n beter lewe skep, maar ek kan nie help om te wonder wat het van haar beste maatjie geword nie. Kon sy ook vlug? Het sy oorleef? Spog sy ook dekades later met ’n graad en ’n werk?
Ek dink nie die vrou se bedoeling was om die hele wêreld se kinders en onderrigstelsels oor dieselfde kam te skeer nie. Daar is wêreldwyd baie ander probleme waarin kinders in eerstewêreldlande nie aan blootgestel word nie.
Ons praat nie eens van die verskil in die gehalte van onderrig tussen ’n eerstewêreldland en ons hier in suidelike Afrika nie.
Meeste van ons kinders het nie toegang tot skoon lopende water nie en dit is nie ’?n Covid-19-probleem nie; dit is ’n algemene Namibiese probleem wat in 30 jaar nie opgelos kon word nie. Daar is nie elektrisiteit vir kinders om te leer as die son gaan sak nie.
Die digital divide is so groot, al het ’n borgskap verseker dat elke kind in hierdie land ’n gratis tablet kry, sal dit moeilik of onmoontlik wees om ’n greintjie internet in van die landelike dele te installeer.
Dan moet ons onderwysers ook weet wat hulle aan die ander kant van die rekenaarskerm doen.
Onderwysers wat in baie dele van die land onder ’n boom of in ’n tent moet skoolgee, waar daar nie eers banke en stoele is nie.
Ons moet onthou, ons onderwysers is opgelei om ’n sekere kurrikulum te volg. Die tipe onderrigstelsel laat ook nie toe dat alles net na ’n skerm oorgeskuif word nie.
Ek wil die kinders ’n pluimpie gee. Hulle oorleef die Namibiese regering, met ’n kruppel onderrigstelsel en min tot geen basiese behoeftes waarin voorsien word nie. Dis dalk erger as Covid-19. Die vrou het dalk ’n punt beet. Dalk is daar tog hoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie