Gaan ons hierdie winter oorleef?
Gaan ons hierdie winter oorleef?

Gaan ons hierdie winter oorleef?

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Ek wil nou nie duiwelsadvokaat speel nie, maar ons as inwoners rek die hele Covid-gemors saam met die regering uit en in die proses put ons almal ons hulpbronne so uit dat ons in elk geval almal op die einde nie ’n keuse gaan hê anders as om besighede toe te maak nie.

Moet ons dan nie maar nou al vastrap en deure toemaak en bestuur, eienaars en werksmense op onbepaalde, onbetaalde verlof stuur tot dinge weer na normaal terugkeer nie? En dan ook alle belastingbetalings halt tot daar weer lewe kom. Mens kan tog nie die keiser sy tiende betaal as die keiser jou verhoed om jou tiende te verdien nie.

Ons dilemma is dat die ouens wat die besluite neem steeds hul volle salaris verdien en vakansie hou met onbeperkte toegang tot staatsvoertuie en petrolrekenings, toelae en byvoordele en hulle geniet elke oomblik van die betaalde langverlof.

Besighede klap eenvoudig deure toe en gee skriftelike kennis aan bestuur en personeel dat hulle nie afgedank is nie, maar saam met die besigheid nou in hibernasie gaan tot tyd en wyl ons regering wakker skrik. In die kennisgewing vra ons personeellede wat vrae mag hê om by die leiers wat die besluite neem oplossings te vra vir die koue en die honger wat voorlê. Ons kan nie die stryd namens die regering baklei nie.

Ons het geen sê nie, en ons pleidooie val op dowe ore. As die regering die besluite neem om die ekonomie tot stilstand te ruk, moet hulle ook die oplossings vir die gevolge kan gee. Hoekom moet besighede, as die slagoffers, aan die arbeidsmag verduidelikings gee en oplossings bied?

Laat die ou wat die sweep klap die brood op die tafel sit.

Ons kan nie bepaal waar ons is, of waarheen ons op pad is nie, want ons regering dink dit is ’n speletjie.

Daar is lande waar regerings ruggraat het en hul ekonomie en gesondheid konstruktief uit die dilemma te bestuur, maar ons sit soos gewoonlik weer en copy en paste uit die slegste van die slegte voorbeelde van wanbestuur en korrupsie wat daar in die wêreld is in ’n poging om die Westerse, eks-kolonialiste se simpatiesnare vir hulp en skenkings te tokkel, wat dan wanaangewend en gesteel kan word om die fat cats op die soustrein se salarisse te betaal en hulle persoonlik te verryk.

Ek is gatvol verby en my hoop op herstel in ons leeftyd raak by die dag minder.

Leiers gebruik die pandemie vir politieke eiegewin en om ondersoeke na wanadministrasie en korrupsie te sloer en te smoor, bewyse te laat verdwyn, die Fishrot-hokaairoeper te dreig, vir Nelius te snoeker en die laaste sente uit staatskas te verwyder. En ons, die mense van die land, loop soos skape agter die judasbok aan slagpale toe.

Die regering misbruik die arbeidsmag en hul stemkrag om aan bewind te bly. As stemdag kom, moet ons die druk uitoefen om die regering tot sy sinne te bring.

Die regering se betwiste en onuitvoerbare arbeidsvoorskrifte laat lyk hulle soos die helde, maar in die proses saai hulle swaarkry en uiteindelik dalk ook dood. Sal werkers eers as hulle sonder inkomste sit, sien hul verkose mesiasse is eintlik die rede vir ons stagnasie en ondergang? Sal dinge dan eers begin gebeur?

Solank besighede aanhou planne maak om die ekonomie op hierdie laagste van alle lae vlakke net-net aan die gang te hou en werksmense met ’n aalmoes help om brood op die tafel te hou, sal die regering met die lockdowns voortgaan, want Covid verskaf ’n welkome skans waaragter hul hebsug en onvermoë om te bestuur, kan wegsteek.

As besighede egter die logiese besluit neem en nou toemaak in ’n poging om soos bere in die winter die laaste opgegaarde vet te spaar, om in die somer dalk weer te kan ontwaak en voort te gaan, sal die werkers ongelukkig saam moet hiberneer. Hopelik oefen hulle dan druk op die regering uit om wakker te skrik, oop te maak en met opbouende planne vorendag te kom.

Ons kan nie met die onsinnige beleid voortploeter nie.

Met die aanbreek van my pa se laaste winter het ek in sy oë gesien hy het die lus vir lewe verloor. Die verveeldheid wat volg in die afwagting op die onvermydelike, het ’n vreemde, vaal, moeë uitdrukking in daai vurige ysblou oë van hom laat posvat en dit het my ontstig en ontstel.

Op ’n môre kom ek toe met ’n blink plan om hom weer fisiek, psigies en ekonomies aan die gang te probeer kry. Ek sê: "Pa, kom ek en pa kry ’n onderhoudsbesigheid hier in Henties aan die gang en pa ry rond met ’n spannetjie wat elke ou wat see toe kom se huis vir hom 'preflight' en kyk dat alles werk, en die water warm is en daar ys in die yskas is en so aan teen ’n prys, dan bly pa besig en pa het weer ’n rede om op te staan en daar is weer lewe en interaksie en so aan."

Hy het lank in sy teebeker gestaar, asof hy die antwoord daar soek. Toe kyk hy op en seg met vonk in daai bedonnerde blou oë afgemete aan my: "My . . . my kind, weet jy wat kos dit om te werk?" Daar was nie ruimte vir teepraat nie.

Besef ons wat dit kos om deure te probeer oophou in ons trotse, hardegat terugbakleipogings? Pogings om die onvermydelike te probeer terughou, terwyl ons leiers blykbaar alles in hul vermoë doen om ons oorlewingspogings te striem?

Het ons nog genoeg vet om die heupe om nog ’n winter deur te sien? Of is die tyd vir vaal oë en hiberneer nou hier?

Ek sien die vaal in die man op straat se oë en ek voel die wanhoop, al sê hy dit nie. Ek hoor die moeg in daai stem wat sê dit gaan goed. Ek sien die krom in die rug wat die las probeer dra. Ek sien die geloof dat hy sy geliefdes en afhanklikes sal kan laat glo dat hy weer, soos telkemale tevore, ’n plan sal maak.

Maar die moeg sit diep. Die rug is krom en die vet is min.

Is hierdie dalk die winter wat die lig vir vele vir ewig gaan uitdoof?

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%