G7-lande se gesondheidsministers vergader vandag
G7-lande se gesondheidsministers vergader vandag

G7-lande se gesondheidsministers vergader vandag

Ronelle Rademeyer
Gesondheidsministers van die wêreld se rykste sewe demokrasieë sal Maandag vergader om die nuwe variant van die coronavirus, Omicron, te bespreek.


Reuters berig die dringende G7-vergadering, wat deur Brittanje versoek is, sal verwikkelinge rakende die verspreiding van Omicron bespreek.

Suid-Afrika het die wêreld Vrydag ingelig dat hy 'n skerp styging in gevalle verlede week beleef het, wat moontlik verband hou met die nuwe variant. Die variant het 'n aansienlike hoeveelheid mutasies ondergaan.

Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer