G20: Proteksionisme in visier
Die leiers van die wêreld se voorste ekonomieë het op die G20-spitsberaad oor die algemeen ooreengekom om makro-ekonomiese beleid te koördineer en proteksionisme teen te staan, maar min konkrete voorstelle het die lig gesien om die toenemende probleme tot globalisering en vrye handel die hoof te bied.
Pres. Xi Jinping van China het die wêreld se grootste ekonomieë versoek om groei deur innovasie aan te vuur, en nie slegs deur fiskale en monetêre beleid nie.
“Ons doelwit is om die groei-enjins van internasionale handel en belegging te laat herleef,” het Jinping in ’n sluitingstoespraak gesê.
“Ons sal multilaterale handelmeganismes ondersteun en proteksionisme teenstaan om die afname in internasionale handel om te keer.”
Die spitsberaad het gevra vir die stigting van ’n internasionale forum om stappe te doen om die probleem van die oorkapasiteit van staalproduksie te pak en aanpassings aan te moedig, het die VSA in ’n verklaring ná die beraad gesê. Dit was een van die omstrede gesprekspunte op die beraad.
China produseer die helfte van die wêreld se jaarlikse uitset van 1,6 miljard ton staal en sukkel om sy sowat 300 miljoen ton oorkapasiteit te verminder. Stygende pryse het Chinese maatskappye ’n aansporing gegee om produksie vir uitvoer te verhoog.
Een van die min gebiede waar daar vooruitgang was, was die beskerming van die omgewing.
China en die VSA het die Parys-ooreenkoms bekragtig waarvolgens uitlaatgasse verminder sal word, en daardeur die weg gebaan vir ander lande om in hul voetspore te volg.
Christine Lagarde, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, het gesê meer inklusiewe groei was ’n prioriteit in die internasionale ekonomie.
“Ons het beter groei nodig, maar dit moet meer gebalanseerd wees, meer volhoubaar, en inklusief sodat dit almal kan bevoordeel,” het sy gesê.
Pres. Jacob Zuma het ook die spitsberaad bygewoon en ná die tyd in ’n verklaring gesê dat innovasie, regverdige handel en beleggings belangrike bestanddele is vir volhoubare en inklusiewe groei.
“Ons beleidsmaatreëls oor handel en beleggings moet ontwerp wees om lande in staat te stel om mededingendheid te verbeter en toegang tot markte te kry, om sodoende suksesvol in die internasionale ekonomie deel te neem,” het Zuma gesê.
Die Brics-lande, waarby Suid-Afrika ingesluit is, het hul stem gevoeg by ander wêreldleiers wat kommer uitgespreek het oor die populisme wat in baie ontwikkelde lande kop uitsteek.
Die leiers van die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) het in ’n verklaring wat op die spitsberaad uitgereik is, kommer daaroor uitgespreek.
Dit lei tot proteksionisme wat verwys na onder meer maatstawwe wat regerings instel om te keer dat buitelandse maatskappye groot belange in eiendom en nutsmaatskappye koop of om invoertariewe in te stel sodat plaaslike vervaardigers beskerm word.
Duitsland is die volgende president van die G20 en sal die volgende spitsberaad in 2017 hou.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie