Furnmart-staking sleep voort
Furnmart-staking sleep voort

Furnmart-staking sleep voort

Volgens die betrokke vakbond is Furnmart en Home Corp se bestuur teësinnig vir onderhandeling.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die landswye staking van Furnmart- en Home Corp-werkers wat aan die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkersunie (Manwu) behoort, sleep steeds voort.

Die staking het op 1 Junie begin.

Me. Justina Jonas, Manwu se algemene sekretaris, het Dinsdag gesê meer as 280 werkers by winkels aan die kus, in die Noorde en in die hoofstad neem aan die wettige staking deel.

Die werkers eis beter vergoeding en voordele van die meubel- en huishoudelike ware-kettingwinkelgroep.

Volgens Jonas het Furnmart in die verlede geen vakbond in Namibië erken nie.

Sy sê onderhandelinge tussen Manwu en die maatskappy oor jaarlikse salarisverhogings verlede week was nie suksesvol nie.

“Sedert laas jaar bied hulle 6% aan, en dit net vir die werkers wat nie kommissie verdien nie. Hulle het dit ook reeds toegepas. Van die werkers kry dit, en van hulle nie. Tipies van verdeel en oorheers . . .” het sy gesê.

Jonas het gesê die gemiddelde maandelikse vergoeding by Furnmart en sy filiaal Home Corp is N$2 500, terwyl verkoopspersoneel sowat N$3 500 ’n maand verdien – sonder voordele.

“Daar is ook mense wat selfs minder verdien,” het sy gesê.

“Dít by ’n besigheid waarvan die wins verlede jaar met 67% gestyg het,” sê sy.

Volgens die vakbondleier het hulle verlede week twee opsies aan Furnmart se bestuur voorgelê.

Die eerste opsie behels die aanvaarding van ’n 6%-verhoging met die byvoeging van ’n vervoertoelaag gebaseer op tariewe van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), of N$567 per maand.

Opsie twee behels ’n algemene verhoging van 8% en ’n N$400-vervoertoelaag per maand, het Jonas voorgestel.

“Furnmart voel te hel met julle. Dit is ’n klap in die gesig vir die werkers,” het sy gesê.

Manwu se adjunk- algemene sekretaris, mnr. Enwich Tuvatera Kazondu, het gesê: “Onderhandelinge behels gee en neem. Tot dusver is dit net ons wat gee en hulle wat neem. Vir ons is dit ’n belediging. Hulle onderhandel nie met ons nie. Hulle het geen sodanige bedoeling soos dinge nou lyk nie.”

Jonas sê 338 werkers was ten gunste van die staking en sowat 85% van dié werkers neem daagliks daaraan deel.

“Die mense van Furnmart dreig en intimideer die werkers,” het sy gesê.

“Die werkers binne is bang om uit te kom. Manwu is ’n organisasie met beginsels en ons wil die boodskap duidelik maak: Kom uit, kom uit. Hierdie staking word deur die wet beskerm.

“Julle het ’n verpligting. Ons doen dit nie vir ons nie, maar vir ons kinders en die toekomsgeslag. Kom in groot getalle en plaas druk op Furnmart,” het sy gesê.

“Ons weet van takke soos Lüderitz waar mense bang is. Staan op vir jouself, niemand kan vir jou opstaan nie. Laat die winkels sluit. Kom ons neem eienaarskap van die staking waarvoor julle gestem het,” het sy gesê.

Jonas sê sy kan nie voorspel hoe onderhandelinge verder sal verloop nie.

“Hulle het gesê hulle kan ons niks bied nie. Ons het gevra vir hul boeke om self te sien hulle kan nie betaal nie, maar hulle weier volstrek.

“Ons maak staat op die kantoor van die arbeidskommissaris, wat die saak ondersoek. Miskien onderhandel hulle in die donker met spoke, maar nie met ons nie,” het sy gesê.

Volgens Jonas is Furnmart en Home Corp van Botswana af, waar hul werknemers ook nie vakbondverteenwoordiging het nie.

Sy sê kommunikasie met die groep se topbestuur in die buurland is ’n stryd.

Die groep se plaaslike bestuur wou geen kommentaar lewer nie.

Furnmart het vroeër vanjaar aan Botswana se aandelebeurs onttrek.

Die groep, wat in 2018 ’n wins van meer as N$143 miljoen gemaak het, spog met 33 Furnmart-winkels in Namibië, 36 in Suid-Afrika en 49 in Botswana.

Home Corp in Namibië het winkels op Swakopmund en in Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066