Froome ongedeerd, fiets afgeskryf
Die tref-en-trap-voorval waarin die driemalige Tour de France-wenner Chris Froome gisteroggend van sy fiets af gestamp is toe hy in Frankryk geoefen het, is skerp veroordeel.
Froome se duur fiets is opgefrommel gelaat, maar hy is ongedeerd.
Die 31-jarige Brit het op Twitter te velde getrek nadat ’n ongeduldige motoris hom teen die sypaadjie vasgedruk en toe van die pad af gery het.
“Pas doelbewus deur ’n ongeduldige bestuurder gestamp wat my tot op die sypaadjie gevolg het! Gelukkig ongedeerd. Fiets afgeskryf. Bestuurder het weggery!” het die Sky-ryer getwiet.
Froome het in die suide van Frankryk in die Beausoleil-streek – hy bly in Monaco – geoefen toe dit gebeur het.
Hy het ook ’n foto van sy beskadigde Pinarello Dogma F10-fiets van meer as R175 000 op Twitter geplaas.
Froome is nie vanjaar in Giro d’Italia in aksie nie. Hy spits hom toe op die Tour wat in Julie in Duitsland begin.
Froome sal na verwagting vooraf in aksie wees in die Critérium du Dauphine, wat hy al drie keer gewen het.
Froome gaan probeer om die Tour ’n vierde keer te wen nadat hy in 2013, 2015 en 2016 die wenner was.
Die voorval volg kort op die hakke van die ongeluk waarin Michele Scarponi in Italië doodgery is. Dié voormalige Giro-wenner van die Astana-span is verlede maand by ’n kruising van sy fiets afgery toe hy ná ’n oefenrit op pad huis toe was. – Sportredaksie, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie