‘Friends’ onderhandel wél oor reünie
Aanhangers van die gewilde Friends-reeks kan maar begin uitsien om die sterre van die reeks weer almal saam op die kleinkassie te sien.
The Hollywood Reporter berig eksklusief bronne het aan hulle bevestig die ses hoofkarakters is gereed om ’n ooreenkoms met HBO Max deur te hak vir ’n spesiale reünie-program.
Nié net sal Jennifer Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, Matthew Perry en David Schwimmer terugkeer nie, die skeppers van reeks, David Crane en Marta Kauffman, is ook betrokke by die onderhandelings.
Die bronne het aan The Hollywood Reporter gesê die ooreenkoms is egter nog ver van afgehandel en as dit deurgehak word, moet die akteurs ook eers saamstem oor wanneer dit geleë is vir almal om so ’n projek aan te pak.
Die aanduiding is dat dit in ’n geïmproviseerde formaat gaan wees. Die akteurs en skeppers het deur die jare volgehou hulle is nie geneë tot die draaiboek-herlewing van die reeks nie, nadat dit na tien seisoene in 2004 ten einde geloop het.
Friends-aanhangers het verlede maand baie opgewonde geraak oor ’n moontlike reünie, nadat die ses sterre saam in ’n selfie afgeneem is wat Jennifer Aniston op haar Instagram-rekening geplaas het.
Aniston, wat die rol van Rachel in Friends vertolk het, se groepselfie het op die dag Instagram gebreek soos mense aangemeld het om na die foto te kyk en 15 miljoen mense het van die foto gehou.
Aniston het daarna op die Howard Stern-radioprogram gesê ’n draaiboek-herlewing sal nooit so goed wees soos die oorspronklike nie en dat dit die reeks sal “bederf”.
Kaufman het dieselfde sentimente by die Tribeca-televisiefees in September uitgespreek. “Dit gaan nooit oortref wat ons reeds gedoen het nie,” het sy luidens USA Today gesê.
Friends het nuwe lewe gekry sedert dit op Januarie 2015 op Netflix gestroom word, maar HBO Max het die regte vir Friends oorgekoop sodat dit van volgende jaar af eksklusief op hul stromingsdienste beskikbaar sal wees.
Friends vier dié jaar hul 25ste herdenking. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie