Fresh Prince lyk heel tuis in Namibië

Yandi Du Plessis
Die Hollywood-ster Will Smith maak tydens die verfilming van die National Geographic-dokumentêr One Strange Rock tyd vir sy plaaslike aanhangers, wat hom oor die algemeen as ’n “mense-mens” beskryf. Die Amerikaanse akteur het gister na die Suide gevlieg om die progam verder te skiet.
Voor dit het Smith die ryk Namibiese kultuur ervaar toe hy op pad na Etosha en die Epupa-valle verskeie dorpies besoek het. Hy het ook ’n draai in Tsumeb gemaak. Nazeem Brenner, Anieqah Brenner, Zaheer Brenner en Delfina Alexandre het Will Smith die afgelope naweek by Mokuti Lodge ontmoet. Foto’s verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer