Fransman dra vanaand Unam-trui
Fransman dra vanaand Unam-trui

Fransman dra vanaand Unam-trui

’n Plek in die halfeindronde wink vir drie van die vier spanne.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - ’n Jong Franse speler dra vanaand die 15-trui in die beginspan vir die verdedigende kampioene FNB Unam in ’n beslissende wedstryd in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga.

Die storie van Joffrey Prats se insluiting om vanaand teen Trustco United te speel, begin meer as tien jaar gelede, toe mnr. Johan Diergaardt, nou afrigter van Unam, die Namibiese span na die 2007 Wêreldbeker in Frankryk geneem het.

Diergaardt se hegte vriendskap met mnr. Pierre Prats, ’n Franse ondersteuner van die Namibiese span, het daar ontstaan en het nog nooit gekwyn nie. By die 2015 Wêreldbeker in Engeland het die twee weer bymekaar gekom en saam as toeskouers in ’n beknopte karretjie agter Namibië se wedstryde aan gery.

“Sy seun Joffrey het ná skool ’n beroepskursus as professionele rugbyspeler in Lyon gevolg. Twee jaar terug het hy ook ’n Franse o.23 vyftiental gehaal wat in Suid-Afrika kom toer het en teen drie provinsiale unies gespeel het,” vertel Diergaardt.

“Joffrey fokus tans eers op die voltooiing van sy studies en is dus nie ’n beroepspeler nie. Hy en sy pa toer tans hier en ons het besluit om sy droom te help bewaarheid om ’n rugbywedstryd in Afrika te speel.

“Hoewel die mannetjie eintlik ’n losskakel is, sal ons hom op heelagter gebruik omdat ons agterlyn se tekens gewonlik deur die losskakel bepaal word en ons nie tyd het om taalverskille uit die weg te ruim nie.”

Volgens Diergaardt sal sy span nie aan motivering tekort kom nie.

“United het die ligapunte nodig om te verseker dat Kudus hom nie verbysteek en die vierde plek vir die semifinaal verseker nie, maar die bal is in ons hande om United geen guns te doen nie. Ons sal veel eerder (op 28 Julie) ’n halfeindstryd speel waarin Kudus na Windhoek moet reis.”

Nadat die kampioenspan Unam se rekord van 37 opeenvolgende oorwinnings vroeër vanjaar deur Wanderers verbreek is, het hulle intussen weer hul volgende vier wedstryde gewen.

Die aanslag van United kan egter nie gering geskat word nie, nadat hulle die vroeër ontmoeting teen Unam eers met die laaste beweging met ’n enkele punte verloor het.

United se afrigter, Jood Opperman, reken as sake vir die agterlyn reg verloop, kan hulle in hul finale wedstryd in die groepfase wel drieë druk om ligapunte te verseker en selfs ’n oorwinning beklink.

FNB Unam: 15 Joffery Prats, 14 Silvano Beukes, 13 Camlo Martin, 12 Milaan van Wyk, 11 Denver Murorua, 10 Helarius Kisting, 9 Cameron Klassen, 8 Bradley Klazen (kapt), 7 Renaud van Neel, 6 Rheinhardt Carelse, 5 Enzio Nic Kotzee, 4 Kami Mieze, 3 Graham April, 2 Jeandre Cloete, 1 Tjino Tjirare.

Reserwes: Immanuel Samuel, Hilwen (Mince) Fourie, Muniovita Kasiringua, Freddie Puriza, Jay-C Olivier, Chess Lawrence, Lorenzo Louis.

Trustco United: 15 Riaan van Zyl, 14 Stefan Louw, 13 Jacques Le Hanie, 12 Mbimbo Mbai, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Darryl Vries, 9 Herman Stroh, 8 Shaun van Rooi, 7 Naudé Neethling, 6 Niël van Vuuren, 5 Lionel Nantes, 4 Winmar Rust (k), 3 Jason Benade, 2 Jonathan Goliath, 1 Simon Kanime.

Reserwes: Chris Swanepoel, Gerhard Opperman / Herman Grobler, Stefan Neustädt, Deon Blom, Henrico van Zyl, Fernando Moller, Henry Kandjou.

• Vanaand se ander kragmeting by Wanderers-veld lyk op papier meer voorspelbaar, maar het ewe veel op die spel.

Rehoboth Rugbyklub sal ondanks ’n terugvegpoging in die tweede helfte van die seisoen nie meer vir die halfeindronde kan kwalifiseer nie, maar vir FNB Wanderers sal vier, vyf of ses ligapunte ononderhandelbaar wees.

Die Wit Hingste was tot enkele weke terug nog gemaklik in die tweede posisie, maar ná ’n paar glipse klou hulle nou net danksy ’n beter punteverskil hieraan vas.

Wanderers sal op 21 Julie sy groepfase teen Unam afsluit en sal dan waarskynlik wéér wenpunte nodig hê om sy plek in die halfeind te konsolideer en moontlik die gesogte posisie in die SA Rugby Gold Cup in te palm.

Beide wedstryde om 20:00 word deur die tweede spanne se reserweliga-botsings vooraf gegaan.

LYN JONES

Die Namibië Rugbymaatskappy sal volgende week vergader om die afrigterskap van die Windhoek Draught Welwitschias vir hul aanslag op die Curriebeker eerste liga vanaf einde Augustus te bespreek.

Die Wallieser Lyn Jones, wat onverwags sy bedanking na afloop van die SuperSport-uitdaagreeks aangekondig het, is die afgelope naweek as die nasionale afrigter van Rusland onthul.

Rusland het reeds vir die 2019 Wêreldbeker gekwalifiseer – te danke aan die penalisering van Roemenië, Spanje en België wat almal onkiesbare spelers gebruik het.

Rusland is in ’n WB-groep met Skotland, Ierland, die gasheerland Japan en nog ’n kwalifiseerder geplaas.

Die besluitnemers in Namibiese rugby sal moet besluit of hulle die plaaslike amateurspan in die hande gaan plaas van een van die afrigterskorps soos Roger Thompson, JP Nel en Jaco Engels wat die afgelope jare in die nasioanale opset betrokke was.

Die ander opsie is die ervare Johan Diergaardt, wie se vernuf reeds bewys is nadat sy Unam-span die laaste drie premierliga-titels op indrukwekkende wyse verower het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 436.75/OZ UP +0.68% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.35% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 054.55/OZ DOWN -0.0284 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 436.75/OZ UP +0.68% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.35% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 054.55/OZ DOWN -0.0284