Franse wil noodtoestand verleng
Die Franse regering wil die parlement vra om die noodtoestand wat ná die Parys-terreuraanvalle in November afgekondig is, te verleng sodat dit ook die duur van die Euro 2016-sokkertoernooi sal dek, het die eerste minister, Manuel Valls, gister gesê.
Hierdie maatreëls gee groter veiligheidsmagte aan die owerhede. Dit is reeds in Februarie met ’n verdere drie maande tot 26 Mei verleng.
Die Euro 2016-toernooi vind vanaf 10 Junie tot 10 Julie in Frankryk plaas.
Ingevolge die noodtoestand kan die minister van binnelandse sake enige persoon wie se gedrag beskou kan word as “’n bedreiging vir veiligheid en die openbare orde”, onder huisarres plaas en deursoekings van huise te eniger tyd gelas, sonder die betrokkenheid van die howe.
Sedert dit in November ingestel is, is meer as 3 500 deursoekings gedoen wat tot 400 in hegtenisnemings gelei het.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie