Franse mik vir kernkragtender met oorname van New NP
Die Franse kernkragbedryf blyk sy vere reg te skud vir deelname aan die beoogde kernkragtender in Suid-Afrika, as van die jongste besluite van die Mededingingskommissie 'n aanduiding is.
Die kommissie het pas 'n samesmelting tussen die Franse kernkragmaatskappy Électricité de France (EDF) en die dopmaatskappy New NP sonder enige voorwaardes goedgekeur.
EDF behoort aan die Franse regering en is wêreldwyd aktief betrokke in die elektrisiteitsmark. EDF is sedert 2011 ook betrokke by hernieubare energie in Suid-Afrika via windplase en sonkragprojekte.
Areva
New NP is op sy beurt ook 'n Franse maatskappy wat 'n filiaal is van die sukkelende Franse kernkragmaatskappy Areva, en beheer volgens inligting van die Mededingingskommissie 'n aantal maatskappye in Suid-Afrika.
EDF en Areva het luidens 'n verklaring van EDF in November verlede jaar 'n ooreenkoms bereik waarvolgens EDF €2,5 miljard sal betaal om New NP by Areva te koop. New NP sal al Areva se bedrywighede met die ontwerp en bou van kernkragstasies bevat. Areva sal hom voortaan toespits op die kernbrandstofsiklus as sy kernbedrywighede.
Areva se voorganger as maatskappy was vroeër betrokke by die bou van Eskom se Koeberg-kernkragstasie by Melkbosstrand.
Areva het in onlangse jare verliese begin ly en is volgens Reuters jare agter met bouwerk aan kernkragstasies in Finland, Frankryk en China. EDF het nou verantwoordelikheid oorgeneem van Areva se projek om twee nuwe kernreaktors by Hinkley Point in Brittanje te bou.
Hoewel New NP volgens die kommissie nog geen aktiwiteite in die onlangse verlede gehad het nie, gaan EDF vir die doel van die transaksie via New NP gekose kernkragaktiwiteite aanpak, soos die lewering van kernkragdienste, kernbrandstofdienste, veiligheidstelsels, en die lewering van die sogenaamde “nuclear island”, wat verwys na die hoofkomponente van 'n kernkragstasie soos die kernreaktor en stoomturbines om krag op te wek.
Volgens die kommissie sal die transaksie nie mededinging in enige mark verhoed of verminder nie en skep dit nie enige aspekte wat openbare kommer kan wek nie.
Areva was saam met die Amerikaanse groep Westinghouse in 2008 op die kortlys toe Eskom 'n nuwe kernkragstasie wou bou, maar die proses is gestaak te midde van die internasionale geldkrisis en Eskom se finansiële probleme in daardie stadium.
Dit blyk EDF is via die oorname van New NP hierdie keer van plan om weer te probeer wanneer Eskom na verwagting later vanjaar 'n formele versoek om voorstelle vir nuwe kernkragstasies sal uitstuur.-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie