Franse debuut wink vir tiener van Angola
Sokker
Covid-19 het die deur oopgeswaai vir 'n 17-jarige Angolees van geboorte om sy senior internasionale sokkerdebuut vir die wêreldkampioen, Frankryk, te maak.
Didier Deschamps het Maandag aangekondig dat hy beplan om Eduardo Camavinga vir Saterdag se UEFA Nasiesliga-stryd teen Swede in Stockholm en volgende Dinsdag se wedstryd teen Kroasië in Parys in te span.
Dit kom nadat Paul Pogba hom moes onttrek omdat hy positief vir Covid-19 getoets is.
“Omdat hy so jonk is, sal ons hom goed moet bestuur. Maar hy het baie selfvertroue,” het Deschamps op 'n nuuskonferensie gesê.
Camavinga, wat in Cabinda gebore is en op tweejarige ouderdom na Frankryk is, het verlede jaar Franse burgerskap gekry en het die afgelope seisoen, sy eerste in Frankryk se eerste liga, groot indruk vir Stade Rennais gemaak. Deschamps sê omstandighede (Pogba se onttrekking) het hom gedwing om Camavinga vroeër te kies as wat hy sou wou, want die risiko bestaan dat hy nie nou al die mas sal opkom op die hoogste vlak nie.
“Ek weet wel hy beskik beslis oor die potensiaal om te slaag,” het Deschamps bygevoeg.
Die Franse breier glo ook Camavinga het 'n goeie kans om volgende jaar in die groep vir die Europese Kampioenskapstoernooi te wees.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie