Frankryk wen Wêreldbeker in styl
Sokker
Frankryk het sy tweede Wêreldbeker-sokkertitel beklink toe hy Kroasië gisteraand met 4-2 in a dramatiese finaal in Moskou geklop het, wat deur verskeie geskiedkundige oomblikke én 'n veldnaelery georkestreer deur die Russiese protesgroep Pussy Riot gekenmerk is.
Frankryk was rustyd met 2-1 voor danksy die eerste eie doel en die eerste strafdoel ná 'n TV-verwysing in 'n Wêreldbekerfinaal. Die eie doel het van die kop van Mario Mandzukic gespat en was die 12de van die toernooi – wat dubbeld die vorige WB-rekord van ses is.
Kroasië het sake gelyk gemaak met 'n briljante linkervoet-treffer deur Ivan Perisic, maar Frankryk het dadelik die voorsprong herwin toe Perisic die bal in die strafgebied hanteer het. Die Argentynse blaser Nestor Pitana het die strafskop eers ná 'n video-verwysing toegeken. Antoine Griezmann het van die strafmerkie af geen fout begaan nie (2-1).
Spel is in die 52ste minuut onderbreek toe vier toeskouers op die veld gestorm het, voordat hulle deur sekuriteitspersoneel verwyder is.
Ná die hervatting het Frankryk sy voorsprong met Paul Pogba en Kylian Mbappe se doele in die 59ste en 65ste minute tot 4-1 vergroot. Vir Kroasië was Mario Mandzukic se treffer in die 69ste minuut te min en te laat.
Die Wêreldbekerfinaal was Kroasië se eerste, terwyl Frankryk se vorige WB-triomf in 1998 op eie bodem was. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie