Fotograaf verloor stryd teen kanker
Die bekende Namibiese fotograaf Tony Figueira het vanoggend sy stryd teen kanker verloor.
Hy was ? inspirasie vir baie fotograwe in die land en met sy kuns het Namibië nuwe hoogtes bereik. Sy werk is alombekend en verskyn wêreldwyd.
Hy was ? perfeksionis en sy fotografieloopbaan het in die donkerkamer, onder rooi ligte en met chemikalieë begin. Maar Tony was nie een om in die verlede te lewe nie. Hy was ? voorloper wat ook fotografie in Namibië in die digitale eeu ingelei het.
Meer as dit was Tony ? besondere mense-mens, wat maklik geglimlag het en vriendelik met almal was. Sy familie het hom na aan die hart gelê.
? Reus op die gebied van plaaslike visuele kuns is nie meer met ons nie, maar hy het diep spore getrap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie