Fosfaat-vonk in die kruitvat
Fosfaat-vonk in die kruitvat

Fosfaat-vonk in die kruitvat

Dit was gister vis- en mariene bronne teen die omgewing en die fosfaatmynboubedryf; die opposisie teen die adjunkspeaker en eerste minister en uiteindelik ‘n uitstappery in ‘n dag van vlambare humeure en teenstrydigheid in die Nasionale Vergadering.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die stryd tussen die belange van Namibië se mariene hulpbronne en die land se potensiële mariene fosfaatmynbou het gister in die Nasionale Vergadering (NV) tot uitbarsting gekom toe die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, gesê het wetenskaplikes in sy ministerie is nie geken in die omgewingsimpakstudie waarvolgens die ministerie van die omgewing en toerisme die groen lig vir mariene fosfaatmynbou gegee het nie.

Teen gisteraand het die kabinetsekretariaat ‘n verklaring uitgereik waarin pres. Hage Geingob ‘n spesiale kabinetsvergadering vir Maandag 7 November belê waar die hele aangeleentheid rondom mariene fosfaatmynbou en die impak op visserye en mariene hulpbronne bespreek sal word. Die Namibiese volk sal oor die besluite ingelig word.

"‘n Strategiese omgewingswaarneming oor die impak van mariene fosfaatmynbou soos deur die kabinet voorgeskryf is nie nagekom nie; geen geloofwardige wetenskaplike bewyse gerugsteun deur metodologie is beskikbaar nie; daar is geen vooraf opgestelde kontrole- meganismes oor hoe mynboubedrywighede uitgevoer moet word ingestel nie en die mynmaatskappy kan sy eie beheermaatreëls opstel; geen hersiening van data van openbare verhore is gedoen nie en die mening van die ministerie van visserye en maniere bronne is nie in ag geneem nie."

Só het Esau gister ‘n spreekwoordelike fosfaat-bom in die NV laat ontplof.

In ''n ministeriële verklaring sê Esau sy ministerie weier om verantwoordelikheid te neem vir die negatiewe gevolge wat hierdie mynbouaktiwiteite op die omgewing kan hê.

“Hierdie soort mynbou word nêrens in die wêreld beoefen nie en die ministerie van visserye en mariene hulpbronne is geheel en al teen mariene fosfaatmynbou gekant.

“My ministerie is gretig om met alle lynministeries saam te werk om ekonomiese ontwikkeling aan te moedig, sonder dat bestaande ekonomieë soos visserye, wat N$10 miljard in buitelandse verdienstes werd is en werk aan duisende Namibiërs verskaf, opgeoffer word. Ons moet altyd onthou dat anders as mynbou, visserye ‘n hernubare natuurlike hulpbron is,” het Esau gesê.

TEENSTRYDIG

Teenstrydig met die bepalings het die maatskappy wat belang stel om die mariene fosfaat te myn, private konsultante gehuur om sy eie studie uit te voer.

Esau sê sy ministerie het die ministeries van myne en energie en ook die omgewing en toerisme daarop gewys dat dit onaanvaarbaar is en nie oor die nodige wetenskaplike metodiek, akkuraatheid of interpretasie beskik nie.

“My ministerie is die enigste regeringsintansie wat oor die wetenskaplike en menslike hulpbronkapasiteit asook die hulpbronne beskik om dit te doen. Ingevolge die wet op omgewingsbestuur van 2007 moes die ministerie van die omgewing nie die advies van die bevoegde owerheid oor die saak geïgnoreer het nie,” het Esau gesê.

Ná afloop van Esau se verklaring het die DTA-leier, mnr. McHenry Venaani, gesê dit is ''n saak van groot erns en het die gevaar om komende geslagte nadelig te beïnvloed. “Dis teleurstellend om te hoor dat twee ministeries van een regering sulke teenstrydige standpunte huldig. Die bevoegde owerheid stem saam dat die regte proses nie gevolg is nie,” het Venaani gesê.

Hy het geëis dat die eerste minister vir eens en altyd moet sê wat die regering se standpunt is.

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa Amadhila, het hierop gesê dit is jammer dat die saak op so ''n manier hanteer word en dit onvanpas is dat teenstrydige ministeriële verklarings in die Huis gemaak word. Sy stel voor dat ''n spesiale vergadering tussen wetgewers en die uitvoerende gesag gehou word.

“Ons gaan nou hergroepeer as regering en dit bespreek en die res van die belanghebbendes betrek. Ek hoop dat ministers ook hul teenstrydige standpunte sal staak. Ek vra dat ons nie verdere bespreking hiervan toelaat nie, maar dat die regering toegelaat word om die saak te bespreek,” het sy gesê.

OPPOSISIE STAP UIT

Toe Venaani ''n ordepunt wou maak, is hy summier deur die adjunkspeaker, me. Loide Kasingo, stilgemaak.

Mnr. Usutuaije Maamberua van Swanu het gesê hy is teleurgesteld om te sien die regering sing uit "verskillende gesangeboeke", maar voordat hy sy stelling kon voltooi, is hy ook stilgemaak.

Venaani het opgevlieg en gesê Kasingo is besig met boelie-taktiek en diskrimineer teen die opposisie.

Ordepunte het heen en weer oor die vloer gevlieg, met die eerste minister wat ook op haar voete was om ''n ordepunt te maak en die reëls van die Huis te verduidelik.

''n Babelse verwarring en rumoer het uitgebreek. Hierop het die DTA, Swanu, RDP, WRP en UPM-opposisiepartye opgestaan en uit die NV gestap. Net Swapo, Nudo, die RP, UDF en APP het agtergebly om na die begrotingsmotivering te luister.

Tydens ‘n informele nuuskonferensie ná die uitstappery was al die uitstappers dit eens dat hulle nie regverdig deur die adjunkspeaker behandel word nie en het geëis dat die ministerie van die omgewing en toerisme summier die lisensie aan die mynmaatskappy onttrek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%