Fosfaat: Fishrot-beskuldigdes ‘kan nie vertrou word’
NMP sê dié wat by die omkoopskandaal betrek word, het nie in Namibië se beste belang opgetree nie.
Catherine Sasman – Die voorstander van ’n mariene fosfaatmyn in Namibiese waters sê dit sal goed wees vir die plaaslike ekonomie en kom teen ’n geringe omgewingskoste.
’n Raadslid van Namibia Marine Phospate (NMP), mnr. Chris Jordinson, en die bestuurder, mnr. Mike Woodborne, was onlangs in Namibië om “verkeerde inligting” van die media te weerlê.
Volgens NMP word besware teen die Sandpiper-fosfaatprojek gelei deur individue wat nou by die Fishrot-skandaal betrek word.
“Dié wat betrek word en dié wat teen die fosfaatprojek is, kan nie vertrou word dat hulle in Namibië se beste belang sal optree nie. Dit lyk of die betrokke individue hul eie belange bo dié van Namibië se mariene omgewing, visbronne, werkskepping en maatskaplike opheffing geplaas het,” het NMP in ’n verklaring gesê.
Volgens die maatskappy het Namibië moontlik miljarde in inkomste en werksgeleenthede verloor.
Indien die Sandpiper-projek sou voortgaan, sou dit ’n kapitale belegging van N$3,2 miljard vir die ontwikkeling beteken, en wanneer dit in werking sou tree, ’n beraamde N$730 miljoen jaarliks in belasting en tantieme.
“As ons toegelaat was om die projek in 2012 te begin, wat sou die impak op die Namibiese ekonomie wees? Teen 2016 sou ons 51 000 werksgeleenthede, direk of indirek, skep. Ons sou 9% tot die bruto binnelandse produk (GDP) bygedra het. As ’n bedryf sou ons belastinginkomste met 6% verhoog het. Dit sou invoer- en uitvoerdollars verhoog het, wat baie belangrik in alle lande vir ’n betalingsbalans is,” sê Jordinson.
Volgens die verklaring sou 450 direkte en indirekte werksgeleenthede in die Erongostreek geskep word.
Volgens Jordinson behels dit 450 werksgeleenthede tydens die boufase en ook 150 tot 170 in die bedryfsfase.
Tot dusver het NMP volgens die maatskappy meer as N$750 miljoen sedert 2008 in die projek belê.
Die projek het tot stilstand geruk toe die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, die uitreiking van ’n omgewingsklaringsertifikaat gekanselleer het en ’n gevolglike hofgeding deur die visbedryf begin is.
Die staking van die projek het ook gevolg op omgewingsaktiviste se kommer.
Die mariene bioloog en voormalige direkteur van die Universiteit van Namibië (Unam) se Sam Nujoma-navorsingsentrum vir mariene en kushulpbronne, prof. Edosa Omoregie, het vroeër gemaan mariene fosfaat-ontginning, op groot óf klein skaal, sal ’n verwoestende en langdurige uitwerking op die mariene ekostelsel hê.
Omoregie het onlangs weer gesê NMP se argument is bloot op moontlike ekonomiese wins gebaseer met “baie min oorweging wat aan die mariene ekostelsel” geskenk word.
“Buiten die impak op visserye sal die hele ekostelsel blootgestel wees,” het Omoregie gesê en bygevoeg die fosfaat self is ’n beduidende deel van die vloei van voedingstowwe, waarvan alle lewende mariene hulpbronne afhanklik is.
NMP se mynlisensie dek ’n gebied van sowat 2 233 vierkante kilometer.
Volgens Omoregie bevestig heelwat navorsing die beduidende impak van grootskaalse ontginning op die seebodem.
Hy het die Verenigde Nasies (VN) se voorsorgbenadering tot lidlande se ontginning van die seebodem beklemtoon.
“Die vraag is of die regering Namibië gaan toelaat om die proefkonyn vir diepsee-fosfaatmynbou te wees,” het Omoregie gesê.
Mariene fosfaatmynbou is nog nêrens elders in die wêreld gedoen nie en tans is geen wetenskaplike data oor die impak daarvan beskikbaar nie.
Volgens Jordinson het Namibië reeds die gebied van mariene diamantmynbou betree, wat ook nêrens anders in die wêreld gedoen word nie.
“Namibië is reeds ’n proefkonyn,” sê Jordinson.
“Ons glo die projek is omgewingsvatbaar. Dit is ook vatbaar op ekonomiese, tegniese en risikogebied.
“Ons weet die Namibiese ekonomie is tans nie op sy sterkste nie, so buitelandse beleggings is belangrik. Dit is nie buitelandse belegging wat ten doel het om die omgewing te vernietig nie. Dit is buitelandse belegging wat deeglik in volhoubare projekte soos die fosfaatprojek belê,” het hy gesê.
Woodborne het beklemtoon die voorgestelde mariene fosfaatprojek sal by verre die kleinste voetspoor laat in vergelyking met ander bedrywighede wat tans op die seebodem plaasvind.
NMP word deur die Omani-miljardêr, mnr. Mohammed Al Barwani (85%), en mnr. Knowledge Katti (15%) besit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie