Foschini: 'Ons verkoop net tydskrifte'
Foschini Retail Group is na die Nasionale Verbruikerstribunaal in Suid-Afrika verwys omdat hy na bewering die Nasionale Kredietwet met klubgeld oortree het.
Nellie Brand-Jonker
The Foschini Group (TFG) sê aan beleggers die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) vertolk die wet verkeerd oor die klubgeld wat van verbruikers verhaal word.
TFG het beleggers gister op Sens, die JSE se nuusdiens, ingelig sy volfiliaal Foschini Retail Group is na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys omdat hy na bewering die Nasionale Kredietwet met klubgeld oortree het.
Die NKR het vroeër gisteroggend gesê die saak is ná 'n ondersoek na die Verbruikerstribunaal verwys omdat klubgeld by die kredietooreenkoms met verbruikers ingesluit word.
TFG sê sy filiaal “verkoop Club-tydskrifsubskripsies aan verbruikers”. Volgens TFG beskou die NKR dit as “geld wat gehef” word wat nie deur die Kredietwet toegelaat word nie. “TFG se Club-produkte is opsionele tydskrifsubskripsies met versekering en ander voordele waarop ingeteken kan word in die aansoekfase of later deur middel van telebemarking en ander bemarkingskanale.
“Verbruikers kan hul inskrywing in enige stadium kanselleer sonder dat hulle beboet word.”
TFG sê hy glo die verwysing van die saak is op 'n verkeerde interpretasie van die wet gegrond omdat die Kredietwet nie 'n beperking plaas op watter produkte kleinhandelaars aan verbruikers mag verkoop op rekening nie.
“Dit is onlangs deur die Verbruikerstribunaal in 'n soortgelyke saak teen Lewis Stores bevestig.
“Die verwysing is ook soortgelyk aan die sake oor klubgeld wat teen Edcon en Mr Price na die tribunaal verwys is.
“Die maatskappy sal die saak teenstaan omdat hy nie saamstem met die siening wat deur die NKR gehuldig word vir die redes vir die verwysing nie.”
Volgens TFG is die advies van senior regsmense ingewin wat aandui die NKR het geen rasionele grondslag vir die bevel wat teen Foschini gevra word nie.
TFG sê dit is Club en SuperClub waarop verbruikers kan inteken wat die NKR as onwettig beskou.
NKR
Jacqueline Peters, hoof van ondersoeke en wetstoepassing van die NKR, het by navraag oor of die saak met die tydskrifte verbandhou omdat die groep sê dit is tydskrifte wat verkoop word, gesê dit gaan nie oor hoe dit aan verbruikers aangebied word nie, maar of dit op die kredietooreenkoms verskyn.
“Dit verskyn op die kredietooreenkoms onder versekering. Dit is onwettig omdat dit as die koste van krediet op die kredietooreenkoms gehef word.”
Die Verbruikerstribunaal het spesifiek op 25 Mei in sy uitspraak oor die saak teen Lewis gesê dit kan onderskei word van die uitspraak teen Edcon omdat daar in dié spesifieke saak gevind is die “klubgeld en klublidmaatskap het deel van die kredietooreenkoms gevorm en daar is nie 'n aparte kontrak vir die klublidmaatskap met die kredietverskaffer voltooi nie”.
“Die enigste verwysing na klublidmaatskap is op die aansoekvorm vir 'n kredietgerief (in dié geval 'n winkelkaart) as 'n regmerkie-opsie.”
“Klublidmaatskap word nie apart gekoop of as 'n aparte transaksie hanteer nie en is 'n integrale deel van die kredietooreenkoms.”
In Lewis se geval het die Verbruikerstribunaal bevind die bewyse toon die verbruiker het elke keer wat hulle goedere of dienste van die maatskappy wou koop 'n aparte ooreenkoms aangegaan en hulle het nie 'n kredietgerief in die vorm van 'n winkelkaart nie. “Daar is dus 'n aparte kontrak om aan te sluit by die klub en aparte geld is vir klublidmaatskap gehef.
“Die ooreenkoms kan nie as 'n kredietooreenkoms gesien word nie, aangesien geen rente gehef word nie en verbruikers vooraf vir 'n spesifieke diens betaal.” – Netwerk24
Só verloop klubgeld-sage
* Augustus 2015: Die Nasionale Kredietreguleerder verwys JDG Trading en JDG Micro – filiale van die voormalige genoteerde JD-meubelgroep, na die Nasionale Verbruikerstribunaal. Dit hou onder meer daarmee verband dat klubgeld op kredietooreenkomste gehef is. 'n Uitspraak is nog nie gelewer nie.
* April 2016: Die Lewis-groep word na die Verbruikerstribunaal verwys oor klubgeld wat by kredietooreenkomste ingesluit is.
* April 2017: Die Verbruikerstribunaal bevind Edcon het onwettig klubgeld vir Edgars en Jet Club by verbruikers se kredietooreenkomste ingesluit.
* Mei 2017: Edcon sê hy gaan appelleer teen die uitspraak.
* Mei 2017: Die Verbruikerstribunaal bevind Lewis het nie die wet oortree met sy klubgeld nie. Spesifieke onderskeid word getref tussen Lewis en Edcon en hoe die manier hoe hulle klubgeld hef, verskil. Lewis het 'n aparte ooreenkoms met sy klante vir sy klub aangegaan.
* Junie 2017: Die Mr Price-groep word na die tribunaal verwys ná 'n ondersoek wat getoon het klubgeld is op kredietooreenkomste ingesluit.
* Julie 2017: Foschini Retail Group word na die tribunaal verwys nadat 'n ondersoek toon klubgeld is by die kredietooreenkoms ingesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie