Fop-polisie kaap vrou op verbypad

Augetto Graig
Augetto Graig – ’n Jong vrou is Sondag omstreeks 19:45 teen skemertyd by ’n “padblokkade” op die westelike verbypad gestop.

Haar twee maande oue seuntjie was saam met haar in die voertuig in sy babastoel.

Die verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het haar in ’n lokval gelei en haar met ’n onbekende voorwerp geslaan.

Volgens die polisie se misdaadverslag is ’n saak van roof met verswarende omstandighede aanhangig gemaak.

Die voorval het by die kruising van Florence Nightingale-straat en die B1-snelweg gebeur.

“Na bewering het onbekende verdagtes hulle as polisielede voorgedoen en die slagofffer met ’n onbekende voorwerp geslaan, en sonder haar toestemming met haar Volkswagen Polo en iPhone op die vlug geslaan,” luidens die verslag.

Die voertuig is gevind en die ondersoek duur voort.

Die slagoffer – wat gevra het om anoniem te bly – het oor die gebeure vertel.

Sy was op pad vanaf Donkerhoek na Doradopark en het aanvanklik nie die voertuig agter die brug se pilare gesien nie. Twee mans geklee in polisie-uniforms het haar ’n ent voor die brug beveel om te stop.

“Hulle was soos polisiebeamptes aangetrek; die uniform, die pet, die reflekterende baadjies,” onthou sy.

“Hulle het ’n voertuig voor my gestop, maar het hom weer weggewys. Hy het eers gevra dat ek die kattebak moet oopmaak, maar toe ek huiwer, het hy my lisensie gevra. Die ander een was agter die motor terwyl ek my lisensie gesoek het. Die slag het van nêrens gekom nie. Ek weet nie waarmee hy my geslaan het nie; dit kon sy vuiste, of ’n vuurwapen gewees het.

“Toe ek langs die pad wakker skrik, was daar ’n man wat my gehelp het. Hy het die babastoel en doeksak langs my verwyder en in sy voertuig gesit. Hy het my na ’n polisiekantoor geneem,” sê sy.

Volgens haar was dit nie maklik om die voorval by die Katutura-polisiekantoor aan te meld nie, aangesien ’n saak nie sonder haar voertuig se VIN-nommer aanhangig gemaak kon word nie. Sy moes daarvoor terug huis toe gaan.

Intussen het haar suster speurders van die Windhoekse stadspolisie genader en deur onderskepte inligting kon hulle omstreeks 23:00 haar motor in Goreangab opspoor. Verskeie onderdele was reeds gestroop.

Sy sê die saak is uiteindelik by die hoofpolisiekantoor in Windhoek geopen nadat haar gestroopte voertuig reeds opgespoor is. Volgens haar is ’n saaknommer egter nog nie uitgereik nie.

Namibia Marshall Rangers het gewaarsku soortgelyke taktieke is veral in Suid-Afrika gewild, en misdadigers het in die buurland tot fop-uniforms en voertuie wat soos polisievoertuie lyk.

“Sou iemand jou probeer aftrek en jy voel onseker, raai ons aan jy sit die noodligte aan, dui aan dat hulle jou moet volg, en ry dan na die naaste polisiekantoor, vulstasie of iewers in die publiek waar jy veilig kan stop en voor getuies die situasie kan hanteer.”

Jy het die reg om vir identifikasie te vra of jy kan die polisie by 10111 kontak, het die Namibia Marshall Rangers gesê.

Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, stem saam, en sê die nabootsing van polisiebeamptes is ’n wêreldwye probleem.

Alhoewel sy sê daar was nie onlangs baie soortgelyke insidente nie, word amper elke jaar sulke gevalle aangemeld, sê sy.

“Daar is altyd voorvalle soos dié en individue bestaan wel wat hulle as polisiebeamptes voordoen. Hulle is daar,” sê sy, met verwysing na ’n insident verlede jaar toe verdagtes vermom as polisiebeamptes mense probeer afpers het.
[email protected]

FOTO’s verskaf
Die binnekant van die voertuig wat Sondag voor sewe in Windhoek gekaap is.
Die hoofligte is uit die voertuig verwyder.
Dié polisieklere is verlede jaar by boewe afgeneem nadat hulle gevang is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014