Fondse se inkomste bloei
Jo-Maré Duddy - Private mediese fondse in Namibië se netto inkomste was verlede jaar in totaal sowat N$100 miljoen minder as in 2015.
Die tuimeling van bykans 61% in winsgewendheid blyk uit die Bank of Namibia (BoN) se jongste finansiële stabiliteitsverslag, wat in samewerking met die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) uitgereik is. Hiervolgens was die bedryf se netto inkomste in 2016 sowat N$65 miljoen teenoor bykans N$165,3 miljoen die vorige jaar.
Luidens die verslag het die bedryf se bruto inkomste uit bydraes verlede jaar met gemiddeld 11,8% toegeneem. Eise wat uitbetaal is, het egter terselfdertyd met 15,2% tot N$2,9 miljard gestyg – N$400 miljoen meer as in die vorige boekjaar.
Dié verhoging word aan inflasie toegeskryf. Data van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) toon die gemiddelde inflasiekoers vir gesondheid in 2016 was 7,04%. Dit is beduidend hoër as die gemiddelde koers van 4,99% in 2015.
Die bedryf in sy geheel is steeds solvent en surpluskapitaal in 2016 het sowat 78% van die fondse se gesamentlike bates beloop – ver bo die minimum vereiste van 25%. Lede se bydraes in verhouding tot hul eise het egter van 2,3 tot 1,2 verlaag, toon die BoN/Namfisa-verslag.
Namfisa het tot diep in 2015 kwartaalliks in die openbaar verslag oor onder meer die stand van sake in die mediesefondsbedryf gedoen. Dit geskied nie meer nie en dié waghond gee nou net in die finansiële stabiliteitsverslag publieke terugvoering – sonder baie van die detail van voorheen.
Teen die derde kwartaal van 2015 het drie van die vyf oop mediese fondse in die land nie aan Namfisa se vereiste reserwevlak voldoen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie