Folau vergroot eis, sê hy kon Wallabies aanvoer
Rugby
Die afgedankte Wallaby-ster Israel Folau het sy eis om skadevergoeding teen Rugby Australië (RA) en die Waratahs tot A$14 miljoen (R140,6 miljoen) vergroot.
Folau (30) het voorheen skadevergoeding van A$10 miljoen by sy voormalige werkgewers geëis. RA en die Waratahs het in Mei sy lonende kontrak van vier jaar beëindig nadat hy op sosiale media gesê het die hel wag op gays en ander groepe.
Folau sê in nuwe hofstukke wat gister ingehandig is dat sy afdanking hom die geleentheid gekos het om die Wallabies in die toekoms aan te voer.
Die verklaring sê Folau se skade en verliese sluit in “bykomende inkomste ná afloop van sy loopbaan” deur in twee bykomende Wêreldbekertoernooie te speel en “die moontlike kapteinskap van ’n kampioen Wallaby-span”.
Folau, wat sy regsgeding as ’n stryd vir vryheid van geloof beskryf, eis ’n verskoning van RA en die reg om sy internasionale loopbaan voort te sit.
Die verhoor begin in Februarie indien die laaste poging om mediasie tussen die partye volgende maand onsuksesvol is.
Folau is verlede week veroordeel vir sy uitlatings dat Australië se krisis met veldbrande verband hou met die land se wetgewing oor aborsie en selfdegeslaghuwelike.
Hy het in ’n preek by sy pa, Eni, se Truth of Jesus Christ Church in Sydney gesê die land se besluit oor die wettiging van aborsie en selfdegeslaghuwelike gaan teen “God se woord” en dat die nasie hom moet “bekeer”.
Folau het 62 toetse vir die Wallabies gespeel en Australië ook op internasionale vlak in rugbyliga verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie