FNCC laat die voete jeuk
Wêreldmusiekdag word Saterdag vir die 23ste keer in Namibië by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in Windhoek aangebied.
Die FNCC beoog om dieselfde atmosfeer te skep wat op dié dag in Frankryk se strate heers.
Wêreldmusiekdag is een van die grootste straatfeeste in Frankryk en dit word met 'n magdom regstreekse musiekvertonings en optredes oraloor die land gevier.
Die FNCC sê in 'n verklaring die Franse regering het in 1982 die dag amptelik gemaak, en sedertdien het dit 'n internasionale geleentheid geword waarvan Namibië ook deel is.
Verskeie kunstenaars sal op Katima Mulilo, Oshakati, Rundu en aan die kus optree.
Kunstenaars uit verskillende genres, wat rap, hip-hop, dans, jazz en blues insluit, sal Saterdag op drie verskillende verhoë by die FNCC optree.
Afgesien van goeie musiek sal daar ook verskeie kos- en handwerkstalletjies wees.
Bekende plaaslike musikante sal die aand op die Legend-verhoog afsluit.
Die feestelikhede skop 10:00 af en sal tot laat aangaan. Toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie