FNB ondersteun die Namibia Tourism Ekspo
FNB ondersteun die Namibia Tourism Ekspo

FNB ondersteun die Namibia Tourism Ekspo

Frank Steffen
First National Bank dra N$250 000 by tot ’n inisiatief van Namibia Media Holdings (NMH) waardeur altesame N$1 miljoen (in koopbewyse ter waarde van N$1 000 elk) aan die Namibiese publiek beskikbaar gestel word.

Hierdeur sal die publiek die vakansie van hul keuse kan bespreek by enige toerismebedryf wat as ’n uitstaller aan die Namibia Tourism Ekspo 2020 (NTE) deelneem. Die Covid-19-pandemie het die Namibiese toerismesektor baie nadelig getref, wat tradisioneel op buitelandse besoekers staatgemaak het.

Me. Tracy Eagles, hoofbemarkingsbeampte van FirstRand Namibia, het verduidelik waarom FNB daarop ingestel is om hul kliënte, sowel as die breë publiek te bedien deur tot voordeel van die toerismebedryf aan hierdie inisiatief deel te neem.

“FNB het direk en indirek in die toerismesektor belê, selfs in hierdie moeilike tye. Ons handhaaf vennootskappe wat in sommige gevalle baie ver terug strek,” het sy gesê.

Die 2020 Ekspo is slaggereed om vanaf 4 tot 7 November by SKW tot die herlewing van die toerismesektor by te dra.

Nuwe inisiatiewe soos die Toeris van die Jaar-kompetisie is ontwerp om die manier waarop ons die toerismebedryf bevorder, te hersien – plaaslik sowel as internasionaal. Die NTE en dus alle potensiële besoekers sal “connected” wees!

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer