FNB Nam kry nuwe baas
FNB Nam kry nuwe baas

FNB Nam kry nuwe baas

Tjipuka was tussen 2008 en 2012 die span se finansiële hoof.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage



FNB Namibia het aangekondig mnr. Erwin Tjipuka is sy nuwe uitvoerende hoof.

Tjipuka neem die leisels by mnr. Sarel van Zyl oor, wat aanbly as First­Rand Namibia se uitvoerende hoof.

FirstRand Namibia is die beheermaatskappy waaronder die kommersiële bank FNB val, asook die korporatiewe en ­beleggingsfiliaal RMB Namibia, die versekeraar Outsurance, die voertuig- en bate­finansier Wesbank en die batebestuurder Ashburton.

Die groep, wat vantevore as FNB Holdings bekend gestaan het, het onlangs die naam FirstRand Namibia aangeneem om sy identiteit met dié van sy Suid-Afrikaanse ­moedermaatskappy te laat strook.

Tjipuka sal van 1 April af as ­uitvoerende hoof in die tuig wees.

“Ek is baie tevrede om by FNB Namibia aan te sluit en sien uit daarna om aan die stuur van die ontwikkeling en uitvoering van ons sake­strategie te wees,” het hy gesê.

“Bykomend tot die ­maatskappy se kernbesigheid beoog ons om ­betekenisvolle tyd en energie te bestee aan nuwe en skeppende geleenthede wat ons kliënte en ­personeel groot waardetoevoeging sal bied.”

Tjipuka, wat tot onlangs ­Deloitte Namibia se besturende vennoot was, is nie onbekend aan FNB nie, ­aangesien hy tussen 2008 en 2012 die span se finansiële hoof was.

Hy het 'n MBA aan Maastricht in ­Nederland se sakeskool verwerf, asook 'n B.Comm aan die Universiteit van Namibië (Unam) en 'n ­nagraadse diploma in rekeningkunde aan die Universiteit Kaapstad.

Tjipuka het in 1997 as leerling-­rekenmeester by Deloitte ­aangesluit.

Hy was destyds een van die eerste swart N­amibiërs om die Raad vir ­ ­Openbare Rekenmeesters en ­Ouditeure se finale eksamen deur te kom.

In 2005 het hy Deloitte se senior­ ­bestuurder geword voor hy as FNB se groeps- finansiële bestuurder ­aangestel is.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer