Fly Blue Crane vlieg binnekort tussen Windhoek, Kaapstad
Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugredery Fly Blue Crane het Dinsdag aangekondig dat hy op 13 en 15 Mei sy eerste retoervlugte tussen Windhoek en Kaapstad gaan onderneem.
Dit volg nadat die redery goedkeuring gekry het van die lugvaartowerhede in Suid-Afrika en Namibië om dié roete by sy streeksroetes te voeg.
Mnr. Theunis Potgieter, Fly Blue Crane se hoof kommersiële beampte, sê die uitbreiding is in pas met die redery se plan vir meer roetes in die streek. Fly Blue Crane is sedert September verlede jaar in bedryf.
“Ons is verheug oor die goedkeuring om hierdie nuwe roete te bedien. Ons vlugte is ’n uitbreiding van ander bestaande rederye se vlugte op dié roete,” sê hy.
Die kaartjies sal sowat N$1 800 kos (lughawebelasting uitgesluit).
“Die tyd is reg vir die instelling van die nuwe roete, gesien die groei in toerisme- en sakebande tussen die twee lande, asook die feit dat baie mense wat na die streek reis, besoeke aan Suid-Afrika en Namibië kombineer.”
Volgens Potgieter streef Fly Blue Crane daarna om lugvervoer vir passasiers in Suider-Afrika beter, geriefliker en meer bevredigend te maak.
Die redery bedryf die 50-sitplek Embraer Regional Jet 145-vliegtuie, en gebruik die 7B-kode van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie