Fiskale seëvier in Walvis
Rolbal
Tielman van Lill – Die Namibpark-rolbalklub van Walvisbaai het die afgelope naweek sy jaarlikse kompetisie aangebied waar die binnelandse klubs die kusspan gepak het.
Die kusspan het 24 spelers in die veld gestoot om die 24-tal van die binnelandse Shrike-span aan te vat wat in groepe van vier opgedeel was.
Die kusspan het die afgelope tien jaar dié toernooi gewen, maar die afgelope naweek was die Fiskale in beheer op die grasbane van die hawedorp om die titel vir die eerste keer in ’n dekade te wen.
Hoewel die kusspan die eerste plek gewen het, het die Fiskale die tweede en derde posisies ingepalm en die toernooi het gelykop met 53-53 geëindig. Die binnelandse span se plus-vier skote beklink egter die kompetisie vir hulle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie