#Fishrot-vyf na gevangenis verskuif

03 January 2020 | Misdaad
Denver Kisting – Die Namibiese polisie het gister by monde van hul nasionale woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, bevestig die mans wat met grootskaalse plundering van viskwotas verbind word, word van die Seeis-polisiestasie verskuif.

Volgens Shikwambi sal mnre. Sacky Shanghala, die voormalige minister van justisie, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo voortaan in die Windhoek sentrale gevangenis aangehou word.

Die sesde lid van die #Fishrot-beskuldigdes, mnr. Bernhard Esau, word steeds onder polisiebewaking in ’n private hospitaal in Windhoek behandel.

Hy is Maandagmiddag hier opgeneem nadat hy volgens genl.maj. Anne-Marie Nainda, die waarnemende polisiehoof, glo ongesteld geraak het.

Adj.komm. Abner Agas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het gesê Esau is vir waarneming opgeneem.

Nóg hy nóg Nainda wou sê wat makeer die eertydse minister van visserye en mariene hulpbronne.

Die sestal het Kersfees in aanhouding by die polisiekantoor aan die buitewyke van Windhoek deurgebring ná hulle vroeër ’n aansoek om borgtog in die landdroshof laat vaar het.

Hulle het hulle sedertdien onsuksesvol tot die hoërhof gewend in ’n dringende aansoek om vrygelaat te word.

Gevolglik het vyf die nuwe jaar by Seeis en een in die hospitaal tegemoetgegaan.

Hulle is verlede jaar op stemdag, 27 November, in hegtenis geneem weens beweerde korrupsie, bedrog en geldwassery ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar in die Namibiese visbedryf.

Esau en Gustavo, wat die vorige naweek ook aangekeer is, was daardie week suksesvol toe die hoërhof ’n aanvanklike lasbrief vir hul inhegtenisneming ter syde gestel het.

Dié hof het bevind die besonderhede wat op die lasbrief verskyn het, was te vaag.

’n Leser het gister op Facebook oor die jongste nuus laat hoor: “Ja, goed so. Staar die realiteit in die gesig (sic). Wens julle ’n lang, geseënde en voorspoedige tronkstraf toe.”

Pres. Hage Geingob, wat gereeld in die spervuur was oor die hantering van die skandaal rondom Esau en Shanghala, het Dinsdagaand in sy Nuwejaarsrede gesê: “Ons toewyding aan deursigtigheid en vertroue in ons prosesse, stelsels en instellings moet ons toelaat om beskuldigdes, wat by verkeerde dade betrek word, toe te laat om deur gepaste regsprosesse verhoor te word.”

Hulle het die dag toe ’n Engelse dagblad die beweerde korrupsie oopgevlek het, bedank.

Volgens Geingob sou hy hulle afgedank het indien hulle nie self die tuig neergelê het nie.

Sedertdien is albei aan die Nasionale Vergadering (NV) onttrek en verwyder van Swapo se NV-lys vir die volgende vyf jaar.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob sê oor 75ste herdenking van VN

7 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob sê die Verenigde Nasies (VN) was die afgelope 75 jaar die beskermheer van die waardes van die mensdom en die beginsels van...

149 positief vir Covid-19 waarvan 10 leerlinge van dieselfde...

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 149 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld waarvan die meeste en wel 75 in Windhoek is....

NWR-bestuur se salarisse met 25% besnoei

9 ure gelede | Toerisme

Die direksie en senior personeel van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se salarisse sal vanaf September met 25% besnoei word. “Vir die afgelope ses maande het...

Khomas se Vries bevorder

11 ure gelede | Onderwys

Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in...

Geweldenaars op vrye voet

23 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten...

Swaar straf wag op Covid-oortreders

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die mi­nister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê geskoei op Namibiërs se gedrag vandat die noodtoestand ten einde geloop...

Weer, Maandag 21 September 2020

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordoostelike streke met 'n paar buie in die Zambezi. Elders sonnig en baie warm tot bloedig warm.KUS:...

Toeriste uit Europa land

23 ure gelede | Vervoer

Augetto GraigEurowings se vlug LH5434 het gisteroggend net voor sonop vanuit Frankfurt by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Die Airbus A330-300 met 280 sitplekke...

Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie

23 ure gelede | Politiek

Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar”...