Fishrot-net span wyer
Fishrot-net span wyer
Nou 19 verdagtes; insluitend tien maatskappye
15 December 2020 | Howe
Augetto Graig - Die Fishrot-skandaal se walms bly hang oor Namibië hierdie Kersseisoen, spesifiek oor die sewe beskuldigdes wat in aanhouding bly tot volgende jaar.
Landdros Ivan Gawasab het die saak tot 5 Februarie uitgestel vir die hervatting van die staat se korrupsiesaak teen die voormalige justisieminister, mnr. Sacky Shangala, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau en sakemanne, mnre. James Hatuikulipi, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo.
Vir medebeskuldigde en voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, is die wagtyd nog langer. Hy moet tot 22 April 2021 wag wanneer die saak waarin hy betrokke is na die hoërhof verskuif word.
Dit, as verwagte borgaansoeke in Januarie nie suksesvol is nie.
Die betrokke prokureurs het gister tydens die hofverrigtinge die landdros in sy kamers oor sy geskiktheid bevraagteken.
In die hof was sake ook op ’n mespunt met Esau se regsverteenwoordiger, advokaat Richard Metcalfe, wat die staat se spanleier, advokaat Ed Marondedze, ’n buitelander genoem het en sy reg om in Namibië te praktiseer, bevraagteken het.
Marondedze het die hof ingelig van die aanklaer-generaal se besluit om mnre. Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi saam met die vermiste prokureur Marén de Klerk, wat na bewering in Suid Afrika by ’n kliniek ingeboek is, ook te vervolg.
Die aanklaer-generaal vervolg ook tien maatskappye wat aan die beskuldigdes in hul hoedanigheid as regspersone verbind kan word, wat dit altesaam 19 beskuldigdes maak, volgens Marondedze.
Hy het bevestig die staat se ondersoek in die saak teen Esau is voltooi en sê die staat sal seker maak die aanklaer-generaal sal teen 5 Februarie spesifieke klagte kan indien, ten spyte van 61 lêers vol bewysstukke.
Hy sê die staat gaan ook aansoek doen om die verskillende sake te kombineer.
Die verdedigende prokureurs het bevraagteken of die ondersoek wel voltooi is en Metcalfe het die staat beskuldig dat hulle met die saak sloer. Shangala het van tyd tot tyd handgeskrewe briefies aan sy regspan deurgegee. Prokureurs van die verdediging het daarop aangedring dat die staat spoedig ’n volle openbaarmaking van hul bewyse maak en Marondedze het ingestem om die massa-inligting op verskafte 50 Gig-geheuestokkies te plaas.
Landdros Gawanab het gesê: “Die beskuldigdes bly in aanhouding. Die staat het die hof ingelig hul ondersoek is afgehandel” en “die staat sal borgtog teenstaan, maar dit moet teen die reg tot vryheid en die reg tot ’n spoedige verhoor geweeg word. Die belange van geregtigheid vereis ’n korter wagperiode, maar die aansoek om uitstel is tot 5 Februarie 2021 toegestaan”.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies