Fishrot: Gustavo kry borgtog

Hoewel mnr. Ricardo Gustavo vrygelaat is, moet hy N$800 000 betaal en verskeie streng voorwaardes nakom.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Uit die agt Fishrot-beskuldigdes wat in hegtenis geneem en agter tralies is, is die eerste een gister op borgtog vrygelaat.

Die gewese kliëntediens-direkteur by Investec Asset Management Namibia, mnr. Ricardo Gustavo, se formele aansoek om borgtog is gister in die hoërhof in Windhoek toegestaan.

Volgens die bevel moet hy N$800 000 betaal en dan kan hy na sy huis op Finkenstein terugkeer.

Regter Herman Oosthuizen sal eers op 21 Desember die redes vir sy uitspraak bekendmaak. Volgens hom is die uitspraak nog nie gereed nie, maar het hy nogtans besluit om gister die hofbevel te gee.

VOORWAARDES

Tesame met die bedrag van N$800 000 het Oosthuizen 16 voorwaardes gestel wat Gustavo tydens sy borgtog moet nakom.

Die eerste voorwaarde is dat indien Gustavo nie daarin slaag om die volle bedrag van N$800 000 te betaal nie, sal hy toegelaat word om ’n waarborg te verskaf deur ’n borg wat N$500 000 sal betaal. Borgtog word aan die staat verbeur indien die beskuldigde vlug, of probeer ontvlug.

Gustavo moet twee keer per dag by die Kapps Farm-polisiekantoor aanmeld en sal drie keer per week by die kantoor van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) inklok.

Vanaf 14:00 tot seweuur die volgende oggend word hy belet om Finkenstein te verlaat en hy mag nie vanaf 18:00 tot 06:00 buite sy erf beweeg nie. Hy mag ook geen inwoners van die landgoed besoek nie.

Hy moet ook by die hek van die landgoed in- en uitteken wanneer hy die perseel verlaat.

Hy mag nie in besit van enige reisdokumente wees nie en mag nie binne ’n radius van 25 km van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako of ’n radius van 1 km van die Eros-lughawe beweeg nie. Hy word ook belet om verder as ’n 22 km-radius vanaf die Windhoekse stadsraad se hoofkantore te beweeg.

Gustavo mag nie met staatsgetuies, medebeskuldigdes of voormalige buitelandse sakevennote kommunikeer nie.

GPS-OPSPORINGSTOESTEL

Gustavo het tydens sy getuienis gesê hy sal bereid wees om ’n GPS-toestel te dra sodat al sy bewegings dopgehou kan word. Hy het selfs aangebied om vir die toestel te betaal.

Oosthuizen het wel beslis die staat kan so ’n toestel op hul eie koste aankoop en aan Gustavo se pols of enkel vasmaak sodat hulle sy bewegings 24 uur per dag sewe dae ’n week kan monitor.

Gustavo het ook aan die einde van die verhoor aan Oosthuizen bevestig hy het ’n moontlike werk vir ingeval hy op borgtog vrygelaat word. Hy sal glo van die huis af werk en geld verdien om sy regskoste te dek.

Oosthuizen het in sy bevel hiervoor voorsiening gemaak.

“Die beskuldigde sal toegelaat word om winsgewende diens te betree, maar bly onderhewig aan sy borgtogvoorwaardes.”

Gustavo mag in diens geneem word by enige party wat in Namibië of elders geleë en geregistreer is, buiten vir Angola, Ysland en die Verenigde Arabiese Emirate, op voorwaarde sodanige werkgewer se identiteit word aan die kantoor van die aanklaer-generaal bekend gemaak.”

Volgens die bevel het die Namibiese polisie toestemming om die bogenoemde voorwaardes wettiglik te monitor.

Sy medebeskuldigdes mnre. Sacky Shanghala, voormalige minister van justisie, James Hatuikulipi, voormalige voorsitter van Fishcor, Mike Nghipunya, voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi se formele aansoek om borgtog sal op 24 Januarie hervat.

Mnr. Nigel van Wyk het verlede maand sy aansoek om borgtog teruggetrek en sal glo volgende jaar opnuut aansoek doen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%