Fishrot: Geen borg, eis ACC
Jemima Beukes
Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.
Sowat N$1 miljard (US$63 miljoen) is in Kazakstan in ‘n bankrekening inbetaal. Die waghond volg tans spore tussen die geld en beskuldigdes, asook ander verdagtes in die drama.
Net mnr. Maren de Klerk, ‘n prokureur wat na Suid-Afrika uitgewyk het en in die ACC se visier pryk, het pandreg op die rekening.
Hierdie was gister deel van die getuienis deur mnr. Willem Olivier, ‘n ondersoekbeampte by die ACC, op die derde dag van mnr. Bernard Esau, voormalige minister van visserye en mariene hulpbron, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hituikulipi, se borgaansoek in Windhoek se landdroshof.
Olivier het die hof versoek om borgtog te weier.
Volgens Olivier het beide Esau en Hatuikulipi selfs vanuit die selle met die ondersoek begin inmeng. Albei kan volgens hom ook op vlug slaan.
Tussen April en Junie vanjaar het Esau volgens Olivier probeer om meer as 300 bees te verkoop, maar die ACC het die transaksie gefnuik.
Op mnr. James Hatuikulipi, Tamson se broer, is volgens Olivier bewyse gevind hoe hy die Yslandse vismaatskappy Samerji gekontak het om hul spore te probeer toevee.
DEKMANTEL
‘n Ooreenkoms met Angola wat glo Namibiërs sou helf ophef, is volgens die ACC as dekmantel vir die omvangryke bedrog gebruik.
Viskwotas is volgens Olivier op grond van die ooreenkoms aan Samherji van Ysland verskaf, wat groot bedrae se smeergeld hiervoor betaal het.
Volgens Olivier het massiewe bedrog deur middel van entiteite soos JTH Trading en Erongo Clearing plaasgevind gebaseer op “regeringsdoelstellings”. Die twee ondernemings behoort aan Hatuikulipi en is ingespan om geld aan begunstigdes te versprei, het hy getuig.
Olivier het aangevoer die hele land het groot skade gely. Fischor het volgens die ACC N$75 miljoen verloor wat geoormerk was vir droogtehulp, voedingskemas en om goedkoper vis aan Namibiërs te voorsien.
Volgens Olivier het James Hatuikulipi vir Samerji gevra om te sê profyt is aan Angola betaal en nie aan Tundavala nie.
Tundavala, ‘n bedryf in Dubai, het 75% van gebruiksfooie ontvang en die bilaterale Angolese onderneming bekend as Namgomar Pescar Namibia 25%. Samherji het ‘n fooi van N$500 vir elke ton betaal.
GELDSPORE
Bedrae van N$15 miljoen en N$2,5 miljoen is in ‘n trustrekening van mnr. Sisa Namandje, bekende plaaslike prokureur, inbetaal onder die beskrywing “regeringsdoelwitte”.
“Die transaksie is as verdag geïdentifiseer,” het Olivier getuig. “Deel van die geld is gebruik vir voertuie, persoonlike lenings en ander items.” Geld is ook vir Swapo-veldtogte gebruik.
Volgens Olivier het Esau groot opknappings aan die eens nederige woonhuis op sy plaas gedoen. Hy het al die kontrakteurs glo in kontant betaal. Een van hulle het volgens die ACC N$600 000 ontvang.
“Esau se vrou het boumateriaal by plaaslike winkels gekoop en sy het ook net kontant gebruik,” het Olivier gesê.
Volgens die ACC is die ooreenkoms met Angola ingespan om makliker toegang tot Namibiese visbronne te kry. Dokumente is ook gevind wat toon dat die Fishrot-span aanvanklik deur middel van Hanganeni visvangregte by Namsov probeer bekom het.
Die idee was dat Namsov ‘n nog groter kwota sou kry as Hanganeni se politieke kontakte benut word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie