Fishrot-6 se aansoek om vrylating misluk
Ronelle Rademeyer - Die Fishrot-6 se aansoek om vrylating uit die tronk hangende die hersiening en tersydestelling van die lasbriewe ingevolge waarvan hulle in November verlede jaar in hegtenis geneem is, het misluk.
Regter Herman Oosthuizen het die sestal se aansoek vroeër in die hoërhof in Windhoek teen onder andere die landdros van Windhoek, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie (ACC), die aanklaer-generaal en die inspekteur-generaal van die polisie, met koste van die hand gewys.
Dié ses is mnr. Bernhard Esau, gewese minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Sacky Shanghala, gewese minister van justisie, asook mnr. James Hatuikulipi, sy neef mnr. Tamon (Fitty) Hatuikulipi (Esau se skoonseun) en mnre. Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Hulle is in hegtenis geneem op klagte wat spruit uit vermeende grootskaalse bedrog en korrupsie in die visbedryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie