Fishrot-6 ‘is nie spesiaal’

Volgens die Namibiese polisiehoof sal die ses mans wat gearresteer is vir beweerde omkopery oor viskwotas, nie spesiale behandeling van die polisie kry nie.
Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie - Die sogenaamde Fishrot-6 wat gister in verband met die omvangryke internasionale viskwota-skandaal in hegtenis geneem is, het laasnag in enkelselle by die polisiekantoor op Seeis deurgebring.

Terwyl baie Namibiërs gister by stempunte in die lig van dié grootskaalse korrupsie hulle versugting na verandering teenoor joernaliste uitgespreek het, is twee van die land se voormalige senior ministers saam met hul vier medeverdagtes stil-stil by dié landelike polisiekantoor aangebring. Hulle is in die aanhoudingselle toegesluit enkele meter van waar mense uit die omgewing hul beurt by die stemlokaal afgewag het.

Dit was nadat hulle self eers kans gehad het om te stem. Terwyl Republikein se span deur die polisie beveel is om die terrein by die polisiekantoor te verlaat en agter die draadheining te wag, is die ses een vir een na die agterkant van die gebou geneem om te gaan stem.

Republikein kon mnr. Ricardo Gustavo, geskorste senior bestuurder van Investec Asset Management, afneem toe hy van die stembus af terugstap na die polisiekantoor waar hulle vir sowat twee uur in 'n kantoor agter digte gordyne uit die openbare oog gehou is.

Die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, en mnr. James Hatuikulipi, Investec Asset Management se voormalige besturende direkteur, is gisteroggend op ’n plaas in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag in die land aangekom het. Hulle het vroeër beloof om hulself by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aan te meld.

Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die ses sal nie spesiale behandeling as gevolg van hul status in die samelewing ontvang nie.

Ndeitunga het wel benadruk die polisie sal ook nie gedruk word om die verdagtes te viktimiseer net om die publiek te beïndruk nie.

Shanghala en (James) Hakuilipo was vir byna twee weke in Kaapstad nadat hulle te midde van ’n storm bedank het ná beweringe dat hulle deel was van ’n sindikaat wat omkoopgeld van N$150 miljoen ontvang het vir die toekenning van viskwotas aan die Yslandse maatskappy Samherji.

Die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, is ook gister weer in hegtenis geneem. Hy is Sondag uit polisie-aanhouding vrygelaat ná ’n dringende hofaansoek waarin hy die tegniese aspekte van sy inhegtenisname bevraagteken het.

Mnr. Fitty Hatuikulipi, Esau se skoonseun en ’n neef van James, is gister ook saam met die ander twee verdagtes, mnre. Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo, gearresteer. Gustavo is aanvanklik ook Saterdag saam met Esau in hegtenis geneem, maar in die lig van die ongeldige lasbrief vrygelaat.

Mwatelulo is ook 'n neef van James. Hy was werksaam by Hanganeni Investment Holdings, ’n maatskappy wat onder meer deur Shanghala besit word.

“Ons het al ses in hegtenis geneem,” het Ndeitunga gister bevestig.

Ná Esau se vrylating Sondag is die ACC gekritiseer omdat hy met die arrestasies verbrou het nadat bevind is dit is nie binne die raamwerk van die wet uitgevoer nie. ’n Hoëvlakvergadering is na bewering gister tussen verteenwoordigers van die ACC, die polisie en die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, gehou om te verseker die arrestasies was gister waterdig.

“Die wet is ’n tegniese veld en ons wou nie die manier herhaal waarop die eerste arrestasies uitgevoer is nie,” het Ndeitunga gister gesê.

Die ses mans moet nou bewys hulle het nie omkoopgeld ontvang in ruil vir die toekenning van kwotas aan Samherji nie. Die maatskappy is ook toenemend onder druk in Ysland.

Na bewering is Namibiese wette gewysig om Esau in staat te stel om viskwotas by private vismaatskappye in Namibië weg te vat en dit aan die staatsbeheerde Fishcor onder die vaandel van die “Namibisering” van die visbedryf oor te dra. Kort hierna het Fishcor sommige van sy toegekende kwotas aan Samherji teen ’n afslagprys oorgedra. Dit het gebeur terwyl James die voorsitter van Fishcor was, ’n posisie wat hy danksy Esau beklee het.

Fitty is hierna as "plaaslike konsultant" vir Samherji aangestel om sake tussen die maatskappy en Fishcor te fasiliteer.

Die ACC het verlede naweek gesê dit het genoegsame bewyse ingesamel wat dui op die plundering van nasionale hulpbronne deur die verdagtes.

“Ons is terug na die tekenbord om te verseker die arrestasies kan nie langer in die hof uitgedaag word nie,” het Ndeitunga gister gesê.

“Die aantygings is baie ernstig. Dit is nie ’n geval van gewone aanranding of iets op daardie vlak nie, dit is hoekom hulle in arres is. As dit gewone aantygings was, kon ons net ’n saak geopen het en hulle huis toe laat gaan het. Dit is egter ernstige aantygings, ons optrede moet dus daarby pas. Hulle kan om borgtog aansoek doen en die howe sal daaroor besluit,” het hy gesê.

Die bankrekeninge van sommige van die verdagtes is met die hulp van die Finansiële Intelligensiesentrum, ’n tak van die Bank of Namibia, bevries.

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.29/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 990.40/T DOWN -0.67% | Brent Crude Oil US$ 83.60/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 1 005.58/OZ UP +0.42% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.29/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 990.40/T DOWN -0.67% | Brent Crude Oil US$ 83.60/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 1 005.58/OZ UP +0.42%