Fishcor-werkers eis optrede

24 February 2020 | Misdaad
Catherine Sasman – Werkers by die beleërde National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), sy filiaal Seaflower Lobster Corporation Ltd, asook ’n gesamentlike onderneming waarin Fishcor beduidende aandele het, Seaflower Whitefight Corporation Ltd, dring aan op die onmiddellike verwydering van die direkteure en bestuur van die drie maatskappye.

Die werkers eis dat kurators aangestel word tot nuwe direkteure volgens die wet op die bestuur van staatsondernemings aangestel word.

Ook moet strafklagte onmiddellik aanhangig gemaak word, terwyl ’n ondersoek oor die moontlike aandadigheid van die oorblywende direkteurs in die Fishrot-sage van stapel gestuur moet word.

Die werkers, wat uit vrees vir vergelding anoniem wil bly, het deur middel van hul prokureur mnr. Norman Tjombe, van die regsfirma Tjombe-Elago Incorporated, ’n brief aan die waarnemende minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, en die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, geskryf.

In die brief dring hulle op die dringende en onmiddellike ontleding van vorige finansiële state aan, insluitende die bestuur se rekeninge, sowel as ’n dringende evaluering van die notules van alle vergaderings van die raad van direkteure en bestuur.

Die werkers versoek alle ooreenkomste tussen Fishcor en enige ander entiteit of persoon, ingesluit ooreenkomste om die viskwotas van Fishcor te vang en te gebruik, bedryfsooreenkomste en ook ooreenkomste met konsultante.

Hulle dring ook op onmiddellike regsaksie aan teen enige persoon of entiteit wat geld van Fishcor en sy filiale wanbestee het.

Dit moet aansoeke vir die likwidasie en sekwestrasie van dié entiteite of persone insluit met die doel om enige wanaangewende geld en bates van Fishcor en sy filiale te herwin.

Die werkers wil op skrif in kennis gestel word van maatreëls om te verseker die situasie word bestuur en toekomstige voorvalle van “buitensporige” korrupsie en bedrog soos wat in die Fishrot-skandaal beweer word, word nie herhaal nie.

Die werkers het die ministerie tot 13 Maart gegee om aan hul eise gehoor te gee. Sou daar dadels van kom, gaan die werkers oor tot regsaksie, wat ’n aansoek in die hoërhof insluit wat op optrede teen die direkteure aandring.

Volgens die werkers was Fishcor se finansiële posisie so benarde dat die risiko bestaan het werkers sou nie in Januarie betaal word nie.

Dit, sê die werkers, ondanks gerapporteerde verdienste wat met 21% van N$393,7 miljoen in 2017 tot N$447,7 miljoen in 2018 gestyg het en in die Fishcor-groep se finansiële state vir die finansiële jaar wat September 2018 geëindig het, weerspieël word.

Die voorsitter van die Fishcor-raad, mnr. James Hatuikulipi, is tans agter tralies in verband met omkoopklagte, terwyl Fishcor se uitvoerende hoof, mnr. Mike Nghipunya, geskors is.

[email protected]

Soortgelyk

 

Hoofstad onder inperking

12 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

12 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....

Vyf huurvlugte neem Europeërs na Duitsland

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europeërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op...

‘Koop asseblief bedagsaam’

12 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers. Dít...

Hulp vir bejaardes

12 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Deon de Waal (58) het ’n beroep op sosiale media gedoen dat mense bo 70 wat tans midde die coronakrisis hulp...